Logo

Nasie in Gesprek: Uitdagings in landboubedryf

Nuus
16 Oktober 2015
Nasie in Gesprek is in 2013 tydens die jaarlikse Nampo Oesdag in Bothaville onder leiding van Senwes gestuur as uitvloeisel van die suksesvolle gespreksforums wat as deel van die Oesdag-program aangebied is.
theo2

Nasie in Gesprek

Nasie in Gesprek is in 2013 tydens die jaarlikse Nampo Oesdag in Bothaville onder leiding van Senwes, een van Suid-Afrika se mees prominente agri-besighede van stapel gestuur as uitvloeisel van die suksesvolle gespreksforums wat as deel van die Oesdag-program aangebied is.

“Oplossings moet gevind word om die voortbestaan van ’n groeiende landboubedryf in Suid-Afrika te verseker. Dit is in landsbelang dat daar samewerking sal wees om die uitdagings wat die landboubedryf in die gesig staar die hoof te bied en ’n lewensvatbare toekoms te verseker,” sê die Besturende Direkteur van Senwes, Francois Strydom. “Dit kan slegs verseker word deur ’n progressiewe benadering, samewerking en totstandkoming van vennootskappe tussen kommersiële boere, staatsamptenare en die regering.”

Dit is juis om dié rede dat sleutelrolspelers in die landbousektor die Nasie in Gesprek-forum geskep het waar meningsvormers en kenners van verskillende affiliasies en politieke agtergronde asook die sakesektor byeen gebring word om oor landbou-aangeleenthede van nasionale belang te besin.

Die waarde wat deur hierdie forum toegevoeg word het dermate gegroei dat Nasie in Gesprek nou ook as ’n gespreksreeks op kykNET uitgesaai word.

Nasie in Gesprek Vennote: Senwes, AFGRI, Fort Knox, Hinterland, NWK, Nedbank and Monsanto.

Kyk Nasie in Gesprek, Vrydae om 5:20.