Logo
Suidooster TX change Slim BB
web uni tv guide

Suidooster

144Drama13

Naelbyt-sepievermaak dié Augustus

Nuus
07 Augustus 2019
Waarskuwing: Moenie verder lees as jy nie wil weet wat volgende in jou gunstelingsepie gebeur nie. 
GMR Anna

FOTO: Verskaf

Van geheueverlies, tot ’n verlowing én betrokkenheid by die onderwêreld – dit is maar net ’n paar van die storielyne wat na jou sitkamer toe kom dié Augustus. 

Binnelanders

Weeksaande om 19:30

Ná Stefan se ongeluk is daar slegte nuus vir die verliefde René: die man kan haar glad nie onthou nie. Dinge raak nóg meer ingewikkeld vir haar en haar kamermaat wanneer Stefan se hart begin “skattejagleidrade” pomp vir Chanel Sameuls. Waar Chanel eers nie betrokke wil raak by die smeulende donkerkop nie (omdat sy haar vriendskap met René hoog op die prys stel) raak die vlees vinniger swakker as die gees. Hierdie liefdesdriehoek raak ook meer interessant wanneer Stefan se geheue stukkie vir stukkie begin terug keer, en kort voor lank weet hy nie of die meisie van sy drome dalk die meisie van die hede of die meisie van die verlede is nie.

Rene en Quinton



Annetjie Strauss, almal se gunsteling hoof van Admin, se suster word behandel vir bloedkanker by MercyMed. Ongelukkig begin dié spesifieke medikasie uit voorraad hardloop en die stroewe Strauss gaan gebuk onder die spanning van waar haar hulp vandaan sal kom. Gelukkig vir Annetjie is Jax ’n rabbedoe met ’n ysterwil – en ’n oplossing. Gestel nou ’n mens kon die medikasie oor die grens gesmokkel kry, dan is die stryd al half gewonne. En siende dat Jax en Danny nou heeltemal iets van die verlede is, is Jax meer as bereid om vrou-alleen die enorme taak aan te pak om die medikasie veilig in Annetjie se hande te besorg. Maar Jax is nie alleen op hierdie avontuur nie ...

Tertius en Jax

 

Tertius Jonker gaan deur ’n moeilike tyd wanneer sy eks-vrou Daleen besluit dat sy wil landuit met haar nuwe man – en Nina. Om dinge te vererger vir arme Tertius is sy pa ook nie op ’n goeie plek in die lewe nie: depressie maak van hom ’n neerslagtige mens. Hierdie het alles ’n baie negatiewe invloed op Tertius, en hy skryf vir homself ’n voorskrif vir ketamien (om onmiddellik beter te kan voel indien dit saam met antidepressante geneem word). Maar dalk het Tertius nie eintlik die antidepressante of ketamien nodig nie, want daar is ’n nuwe lig – maar nie ’n onbekende – in sy lewe.  

’n Impulsiewe soen lei tot baie meer – en dit maak die lewe baie meer interessant vir die betrokke partye. Hoeveel kompleksiteit het ’n mens nodig in hierdie lewe?
 

Getroud met Rugby

Weeksaande om 18:00

Renate is volstoom aan die gang met Coach Soek ’n Vrou en Schalk ontmoet die spookskrywer van sy boek. ’n Man klap Simon in ’n kroeg, en Simon klap die man terug. Die man tref ’n tafel en beland in ’n koma. Intussen vind hulle uit hulle surrogaat Madelyn is swanger. Die afrigters is ontsteld oor Reitz wat sy rugby staak om ’n model te wees. Anna word deur Jacques verlei. Daar word ’n lyk by die stadion gevind. Koekie vind uit Maryke was ’n ontkleedanser, dan bieg sy sy was ook een voor sy Festus ontmoet het. Blitz en Julia raak verloof.

Schalk en Renate

 

Suidooster

Weeksaande om 18:30

Wade raak betrokke by die onderwêreld van onwettige straatwedrenne, maar dit is eers wanneer ’n groot ongeluk almal tot stilstand ruk, dat Wade besef waarin hy homself begewe het. Hy word uiteindelik genader om die oortreders aan die kaak te stel, maar ten koste van kosbare vriendskappe – gaan Wade die regte ding kan doen? Of gaan hy ’n kosbare vriendskap bo die gereg plaas?

Wade en Tyron

Michelle en Stefan besluit op mediese behandeling om uiteindelik ’n gesin van hul eie te begin. Maar die pad is weer eens gekronkel met ’n paar uitdagings. ’n Ou Ruiterbosch-inwoner gooi die Gerbers se lewe omvêr wanneer sy haar kind vir hulle aanbied om aan te neem.

Bridgette en Pierre

Bridgette sukkel om Ian se skoene vol te staan en neem drastiese stappe. Haar besluite het egter hartverskeurende gevolge en Tim sien geleentheid om Bridgette se onbekwaamheid uit te buit. Is dit die einde van Suidooster Eiendomme?


Hou die kleinskerm dop vir al die aksiebelaaide storielyne wat binne die volgende maand gaan ontvou. Gesels saam op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerke #Binnelanders, #kykNETGMR én #Suidooster.