Logo

Na Tashia herontdek lewensvreugde en haar eie-waarde – Mooimaak 3

Nuus
17 Desember 2020
Mooimaak het ʼn 35 jarige vrou wat vergeet het hoe dit voel om te vonkel gelei om haar eie selfvertroue, sprankelende persoonlikheid en ʼn pronk in haar stap terug te kry.
Untitled design (1)

Natashia is van haar tienerjare af gespot oor haar voorkoms. Spesifiek haar tande het vir Natashia skaam  en selfbewus gemaak en sy het altyd gelag met haar hand voor haar mond. Ten spyte hiervan is Natashia ‘n sterk vrou en ‘n trotse ma wat na-ure haar eie besigheid bestuur. Sy is die tipe mens wat mens dadelik respekteer vir haar werksetiek en Clare en die Mooimaak-span wou haar ondersteun deur haar spaarkamer te omskep in ‘n kantoor. Met Checkers  se hulp is die kamer omskep in ‘n rustige, funksionele werksruimte.

Voor Mooimaak het Natashia geen velsorgroetine gehad nie, maar sy het wel ‘n beeldskone, gesonde vel. Dus het die span by Laserderm meestal kon fokus op voorkomende bahandelings soos die Lamelle-afskilfering, ‘n opervlakkige afskilferingsprosedure wat die vel hergenereer en stimuleer om sterker weefsel te vorm.

Natashia is ‘n besige ma van twee en sy het nie altyd tyd om winkel toe te gaan nie. Daarom is Dermastore, die beste oplossing vir haar, met vel-produkte wat maklik aanlyn bestel kan word en dan by die huis afgelewer word.

Natashia het ‘n tand gehad wat op die verkeerde plek uitgegroei het en wat haar voorkoms belemmer het. Dr JJ Serfontein het ‘n ekstraksie van die tand gedoen en toe haar nuwe glimlag afgerond met Emax-veneers en ‘n Phillips Zoom bleikbehandeling.

1608190655 56 screenshot 2020 12 15 at 2.22.59 pm

Wanneer mens baie besig is in die lewe is selfsorg dikwels die eerste ding wat afgeskeep word. Deur klein skoonheidsroetines in haar besige dag in te bou, het Natashia nou ‘n volhoubare oplossing gekry om seker te maak sy hou aan met haar Mooimaak-reis, selfs na haar groot dag.

“My troudag, die geboorte van my kinders en my Mooimaak-reis - hierdie drie sal altyd uitstaan as die hoogtepunte in my lewe! Mooimaak het ʼn 35 jarige vrou wat vergeet het hoe dit voel om te vonkel gelei om haar eie selfvertroue, sprankelende persoonlikheid en ʼn pronk in haar stap terug te kry. Ek voel meer lewenslustig as ooit vantevore, ek het opnuut my eie-waarde ontdek. My man het nog altyd vir my gesê hoe mooi ek is en nou glo ek hom! Dit het die wonderlikste impak op my huwelik gehad. Niks is mooier as ‘n vrou vol selfvertroue nie. Claire en die hele Mooimaak-span het my ‘n nuwe lewensvreugdde  gegee. Dit is nou maande nadat ons ophou verfilm het en ek voel steeds soos ‘n filmster - dalk moet ek van loopbaan verander!” – Natashia Sam

Mooimaak word met trots geborg deur Finbond Mutual Bank.