Logo

’n Wegbreek saam met Bobby en Karlien van Jaarsveld

Nuus
25 Mei 2016
Bobby en Karlien nooi jou hartlik uit om vanaf 9 tot 12 Desember 2016 saam met hulle vakansie te hou aanboord van die MSC Sinfonia.
Bobby en Karlien

Foto verskaf deur MSC Cruises


Skop jou Desembervakansie af met ’n opwindende bootreis wat beloof om ’n onvergeetlike wegbreek te wees. Bobby en Karlien van Jaarsveld nooi jou hartlik uit om vanaf 9 tot 12 Desember 2016 saam met hulle vakansie te hou op die MSC Sinfonia.

Dié wegbreek is ideaal vir ’n groep vriende, of selfs vir die familie om byeen te kom.

Dit beloof om ’n onvergeetlike naweek vol pret te wees, met ’n spesiale vertoning deur Karlien en Bobby tydens dié luukse bootreis. “Dit gaan die grootste pret ooit wees. Ons gaan die hele naweek op die skip saam met julle kuier!”

Alle aanboord-vermaak is ingesluit in die prys, sowel as aanboord-etes. Hope aanboord-aktiviteite en -vermaak sal ook beskikbaar wees vir die hele gesin.

Eenhede is beperk so bespreek vandag nog. Klik hier vir meer.