Logo
Dierepraters Slim Billboard Desktop 1600x160
web uni tv guide

Dierepraters

144NatuurPG

‘n Week propvol emosies!

Nuus
27 September 2021
Daar was verlede week nie ‘n tekort gewees aan emosies op kykNET en kykNET&kie nie…
Untitled design (1)

In Maandag se episode van Lui maar op, Belinda het Annetjie en Frans (uiteindelik) afgehaak – loer gerus hier vir hulle troue.

Maar so tussendeur die blydskap en vreugde van ‘n troue, was daar ook tyd vir iets meer ernstig. Prontuit het meer gaan uitvind by verpleegsters oor hoe die Covid-19 pandemie hulle affekteer.

In Dinsdagaand se 4de episode van Nêrens, Noord Kaap het ons meer uitgevind oor die Adendorff-gesin en hoe hulle familie-dinamika werk.

Tydens Donderdag se episode van Dierepraters, het Daniah en Hettie ook gaan inloer by die Donkey Dairy om te gaan gesels met ‘n paar dierbare donkies.

Maar alles kan nie net maanskyn en rose wees nie:

AB se gesondheid gaan agteruit in Suidooster en almal in Ruiterbosch is vreeslik bekommerd oor hom.

Ronnie word met dwelms betrap in Getroud met rugby, maar is hy onskuldig?

En daar sal ook altyd drama wees by Hoërskool Arendsvlei.

Dit is baie belangrik om ingeskakel te bly op kykNET en kykNET&kie vir die nuutste verwikkelinge in jou gunsteling program. Gelukkig is die episodes ook beskikbaar op die DStv-app om op jou eie tyd te geniet en te ‘binge’.

Gesels saam met ons op Facebook, Twitter en Instagram.