Logo

‘n Uitrusting vir elke geleentheid – Boer soek ‘n vrou 14

Nuus
28 Januarie 2022
In vandeesweek se episode het drie van die boere hulle blitsafsprake gehad, maar hoe moet jy aantrek om gemaklik te wees én om daardie spesiale iemand te beïndruk?
1

Tydens die blitsafsprake moet die pasmaats verseker dat hulle gereed is vir elke moontlike variasie van ‘n afspraak. Eers ontmoet jy die boer, dan is daar ‘n lekker, prettige aktiwiteit én dan nog ook alleentyd – en dit alles net in een dag! Maar moet nie bekommerd wees nie, volg dié wenke vir die perfekte eerste afspraak uitrusting en jy sal nooit ‘n mode-misstap hê nie.

Roomys op die strand of ‘n piekniek:

© Getty Images

Ons kan aan  niks meer romanties dink as ‘n luilekker strand stappie met ‘n draairoomys nie.

Hier kan jy so gemaklik as moontlik aantrek, ‘n kortbroek met ‘n T-hemp en jou gemaklikste paar sandale is ideaal vir dié afspraak. Hou ook jou grimering so minimaal as moontlik. Dra net ‘n goeie BB-sonskerm (sonbrand is nooit sexy nie) en ‘n goeie water bestande maskara en jou gunsteling lip ice.

‘n Fliek:

© Getty Images

‘n Eerste afspraak waar jy en jou date ‘n movie kyk, bly maar altyd ‘n treffer. Darem kan julle altyd die film na die tyd bespreek as die geselskap bietjie awkward is. Goeie wenke vir dié tipe afspraak is jou gunsteling denim of maksiromp, ‘n mooi toppie en (skoon), modieuse tekkies. Jy kan steeds jou grimering so natuurlik as moontlik hou, maar as jy op jou gemaklikste voel met ‘n bloedrooi lipstiffie, moet nie bang wees om dit aan te wend nie.

Putt-putt en tenpin bowling:

© Getty Images

Moet nie wegskram van jou kompeterende kant nie! Putt-putt of  tenpin bowling vir ‘n eerste afspraak kan lieflik wees! Trek gemaklik en sportief aan.

Teater:

© Getty Images

Vir dié tipe date mag jy maar dress-to-impress: Trek jou mooiste, deftigste uitrusting aan en moet ook nie bang wees om mooi hoëhak-skoene aan te trek nie. Speel met jou grimering: Dink aan ‘n rokerige oog, blosser, ‘n winged-oogomlyner en lipstiffie.

Die boeremark:

© Getty Images

Laat jou Boheemse kant uitkom! Dink aan vloeiende klere wat lekker koel en gemaklik is, gemaklike skoene en ‘n oulike sonhoed. Die opsies is eindeloos vir die tipe afspraak.

Die belangrikste wenk vir enige eerste afspraak is: Wees jouself – daardie spesiale persoon het jou uitgevra omdat hulle van jóú hou. Moet nie jou uitrustig en grimering oordink nie en moet ook nooit vergeet dat jou innerlike skoonheid altyd sal seëvier nie.

Om te sien hoe die laaste twee boere se blitsafsprake gaan, skakel volgende Donderdag om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 of stroom dit regstreeks op die DStv-app en binge die vorige episodes op Showmax. Gesels ook saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk, #BoerSoeknVrou te gebruik.