Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

’n Tranedal in die Vlei – Arendsvlei

Nuus
01 Februarie 2021
Lees hier waarna jy kan uitsien in jou gunsteling telenovela hierdie Februarie...
WhatsApp Image 2021 02 01 at 16

Dis weer ’n tranedal in die Vlei ná Bradley (Noel Oostendorp) verongeluk het. Wesley (Craig Adriaanse) was heeldag opsoek na sy pa om sy universiteitsplanne te bespreek en toe hy hom eindelik vind, kry hy die grootste skok van sy lewe – sy pa lê al vir ure bewusteloos by die skraal. Op dié stadium kan Wesley net hoop dat sy pa oukei gaan wees en dat hulle al die mediese kostes kan dek. Gelukkig is sy langverlore liefde, Lee-Roy (Roberto Kyle) daar om hom te troos. Ons kan maar net hoop dat hulle mekaar weer sal vind. ’n Bietjie liefde in die Vlei sal niemand seermaak nie.

Die besties is nogsteeds in hul eie oorlog met mekaar. Beatrice (Jolene Martin) het nog nie vrede daarmee gemaak dat haar beste vriendin haar skool oorgeneem het nie. Sy probeer vir Ronel (Melanie du Bois) ondersteun, maar dis moeilik. Vir jare het sy die skool opgebou en nou moet sy kyk hoe iemand anders oorneem en besluite namens haar maak. Maar Ronel se geluk is van korte duur wanneer sy ’n massiewe finansiële fout maak wat die skool duisende gaan kos. Die beheerraad het nou net mooi genoeg gehad en besluit om hul altwee aan te stel as mede-hoof. Gaan die besties eindelik herenig of gaan dit sorg dat hul vriendskap en familie verwoes is?

Kykers het gewonder waar Lionel (Jody Abrahams) is, maar in Februarie ontdek hy ’n astronomiese probleem en besluit net daar om beheer oor sy lewe te neem. Tyd raak min en dis nou die perfekte geleentheid om vir almal te wys wat steek in hom, weereens. Lionel besluit om sy loopbaan na die volgende vlak te neem en ’n komediant te word. Die lagspiere word gekielie as nie almal sy grappe snaaks vind nie. Hy sal gou moet woeker as hy ’n indruk wil maak.

Arendsvlei saai Maandae tot Donderdae om 20:00 vanaf 28 September op kykNET & kie (DStv-kanaal 145) uit.