Logo

‘n Ster vir Kersfees

Nuus
03 Desember 2021
Die kykNET Kersfees Konsert saai uit op Vrydag 24 Desember om 21:00.
'n Ster vir Kersfees BB

Met kykNET se Stella, Elana Afrika-Bredenkamp, Robbie Kruse en Solomon Cupido

Hierdie is nie jou gewone Kersfees program nie, dit is 'n Kersfees avontuur!

Deernis en dankbaarheid is agter die stuur van hierdie Kersavontuur waar drome waar word in ’n tyd waar ons almal aan so ’n moontlikheid herinner moet word.

Die drie Wyses (Stella, Elana Afrika-Bredenkamp en Robbie Kruse) is op 'n avontuur op soek na ware Kersfees-gees. Solomon Cupido verras ook om elke hoek en draai. Saam lei hulle ons van ster na ster en liedjie na liedjie soos wat hulle die land vol reis en Kersfees-gees versamel van al die bekende kykNET-gesigte...

‘n Ekstra bederf betyds vir Kersfees...

Kykers kan saam met die ‘n Ster vir Kersfees-program ook na die ‘n Ster vir Kersfees-album uitsien. Daar is optredes deur die rolverdeling van programme soos Binnelanders, Getroud Met Rugby, Arendsvlei, Suidooster, Die GROOT Ontbyt en Toks & Tjops.

Maak dus seker dat jy hierdie album by jou feesseisoen speellys voeg en die stemming skep vir ‘n eg Suid-Afrikaanse Somerkersfees!

Hier’s ‘n voorskou van die album:

Kersfeestyd Reg Oor Die Wêreld (‘n Ster vir Kersfees weergawe) : Germandt GeldenhuysLindsey AbrahamsStephanie Baartman PetersenAltus TheartMarlee Van Der Merwe

Kersfees In Die Somer (Ontbytsake-weergawe): Eloise CupidoLeon Gropp

Dis Kersfees (Arendsvlei-weergawe): Jolene MartinJody AbrahamsRoyston Stoffels

Kom Alle Getroues (Binnelanders-weergawe): Germandt Geldenhuys

In Die Donker (Getroud met Rugby-weergawe): Dirk JacobsStephanie Baartman PetersenAltus TheartDavid JohnsonMarlee Van Der MerweMandi du PlooyJohan Scholtz

Sy Groot Geskenk (Die Groot Ontbyt-weergawe): Johrné van Huyssteen, Izaan Steenkamp

Somerkersfees (Getroud met Rugby-weergawe): Stephanie Baartman PetersenAltus Theart

Hosanna Seun Van God (Suidooster-weergawe): Natasha van der MerweEden ClassensVashti Prins

Sonneblom Uit Bethlehem (Koppieteefontein-weergawe): Jak de PriesterElzabé Zietsman

Herders Op Die Ope Velde (Medies-weergawe): Dr Darren Green

Stille Nag (Toks & Tjops-weergawe): Toks van der Linde

Kliek hier om die album af te laai.

Skakel Vrydag 24 Desember 21:00 in vir ‘n Ster vir Kersfees.