Logo
OME S2 Slim BB Web Uni
web uni tv guide

Op My Eish!

144Realiteit13 L

‘n Regte ‘trooper’ – Op my eish!

Nuus
29 April 2022
Michelle du Toit se soektog na liefde het dié week tot ‘n einde gekom.
Michelle Article Image

Haar lewenslustige energie gaan beslis ‘n groot leemte laat tussen die oorblywende pasmaats.

Haar Op my eish!-reis was dalk kort gewees, maar dit was beslis kragtig gewees!

Kyk hier terug na van haar groot oomblikke:

Episode 1:

Dié woorde het Francois Jacobs sprakeloos gelaat, maar hy het wel tog so klein bietjie gebloos. Reeds met die intrapslag het sy ‘n entrance gemaak! 

Kliek hier

Episode 2:

Sy het so groot indruk gelaat op Francois dat hy haar genooi het om saam met hom Laeveld toe te gaan sodat hulle mekaar beter kan leer ken, maar die cocktailparty het effens... anders... verloop as wat sy sou wou gehad het toe die gin ‘n bietjie té lekker geraak het.

Kliek hier

Episode 3:

Teen die derde episode het sy goed genoeg herstel om baie opgewonde te wees oor die avontuur wat vir hulle beplan was in Kaapsehoop en sy het heel lekker rondgerits deur dié woud tot haar geluk begin draai het...

Nie elke dag kan noodwendig ‘n goeie dag wees nie, maar sy het beslis geweet hoe om die figuurlike stof van haar af te skud en voort te gaan met die res van die groep afspraak.

Maar ongelukkig was die koeël toe reeds deur die kerk (of woud!) en Francois het vir haar en Rochelle eenkant toe geneem om hulle te laat weet dat hulle Op my eish!-reis nou tot ‘n einde gekom het.

Bly gerus Donderdae om 20:00 ingeskakel vir splinternuwe episodes van Op my eish! en gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk, #OpMyEish te gebruik.