Logo

‘n Liefdes-resep – Boer soek ‘n vrou 13

Nuus
10 Februarie 2021
Ons het die perfekte resep opgespoor vir ‘n gelukkige, gesonde verhouding.
Liefdes resep Article Image

Bestanddele:

2 koppies goeie kommunikasie

4t humor

½ t speelsheid

2 e deernis

1 ekstragroot lepel romanse

1 koppie liefde

50 ml respek

Metode:

Sif kommunikasie, humor, speelsheid en deernis  bymekaar in ‘n groot bak. Klits romanse, liefde en respek saam in ‘n tweede bak. Voeg by die eerste mengsel. Roer die mengsel goed saam. Bak in ‘n warm oond tot gaar.

Bedien warm met room, aarbeie, sjokolade en die nuutste episode van Boer soek ‘n vrou. ;)

Onthou om elke Donderdag om 20:00 in te skakel vir Boer soek ‘n vrou op kykNET, kanaal 144 om te sien hoe dié boere se liefdes-resep vorder. Gesels ook saam op sosiale media deur die hutsmerk, #BoerSoeknVrou te gebruik.  

As jy wil inskryf vir die opwindende 14de seisoen van Boer soek 'n vrou, volg dié skakel