Logo

’n Kinkel in die kabel – Maak My Famous

Nuus
30 Mei 2019
Hier is wat jy dié week misgeloop het.
Maak my famous

In vandeesweek se aflewering van Maak My Famous was die top-10 in groepe van twee ingedeel. Elke groep het ’n onvergeetlike optrede na die verhoog gebring. Daar was egter ’n kinkel in die kabel. Die gehoor het die geleentheid gekry om weer te stem: Dié keer, vir die talent wat die kompetisie moet verlaat. Die kompetisie was straf en die emosies het hoog geloop. Die gehoor was egter vermaak met top-vermaak van uit die boonste rakke.

KYK OOK: HOE DIT NOU WERK

Die aand was afgeskop met ’n energieke vertoning deur Alistair Izobell en Nur Abrahams. Blaai hier onder deur nóg foto's van die aand:

Gallery
Maak My Famous009


Hierna was dit tyd vir die eerste duet deur Megan Danner en Cheswyn Ruiters, en hulle het Tina Turner se “Simply the Best” nuwe betekenis gegee. Kliek hier en herleef dié twee finominale sangers se optrede.

Hierna het The Unknown en Rezah Forbes ’n kombinasie van energieke danspassies en komedie na die verhoog gebring, en die gehoor was in ekstase. Geniet dit weer saam met ons hier. 

Toe breek die tyd aan vir Jolene Slingers en Jesmoné Damonse om te beïndruk. Hoewel dié sangpaar eers gesukkel het om in karakter te kom, het hulle weergawe van Celine Dion se Peabo Bryson se “Beauty and the Beast” gesorg vir ’n luide applous. Kyk hier.

Ons het dié oomblik só geniet:



Emo het hulle “die mal paar” gedoop – volgens hom, die beste kombinasie van die aand. Bernice West en MC Noedy was in ’n groep geplaas om ’n samestelling soos min te lewer. Die gehoor het na afloop van die hulle optrede gejuig. Beleef die oomblik hier.

Hier is wat Emo te sê gehad het:


Laaste aan die beurt was SA Ensemble en die rymkletser Shadow, en dié week was hulle optrede iets besonders. Met hulle kombinasie van opera, popmusiek en rymklets het hulle vir die gehoor ’n vertoning soos min gebied. Herleef hulle optrede weer hier.

Hier is ons gunsteling oomblik van hul optrede:

Ongelukkig moes ons hierdie week iemand groet en dit was ’n emosionele oomblik vir almal toe Emo aankondig dat die dansgroep The Unknown vandeesweek die minste stemme vanuit die gehoor ontvang het. 

HET JY GEHOOR ONS GEE JOU KANS OM TE STEM?

Kyk hier wat gebeu agter die verhoog nadat ons aanhoor wie dié week huistoe gestuur word:
https://www.instagram.com/p/ByGW9pKnJxY/

Volgende week se tema is Trots Suid-Afrikaans, en die top-9 moet die gehoor met Mzanzi-treffers vermaak. Die legendariese PJ Powers kuier saam met ons.

Wat het jy van vandeesweek se optredes gedink? Maak geraas op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #MaakMyFamous en maak seker jy skakel elke Donderdag om 20:00 in op DStv-kanaal 144 en 21:00 op DStv-kanaal 145.