Getroud Met Rugby
Maryke oortuig vir Bibi om Jordan ’n kans te gee, en hulle vind mekaar uiteindelik.
Speursersant Breytenbach ondervra al die verdagtes in Bart se skietsaak.
Die Stryders se toekoms lê swaar op Fafa se skouers.
Die passie tussen Sasha en Wynand dreig om hulle te oorweldig, en die manne gaan ’n weddenskap met hom aan.
Schalk se bekommernis oor Jana bereik breekpunt.
Simon het ’n groot verrassing vir Lulu, maar dan word hy en Renate per ongeluk saam in die gim toegesluit. Sy verbreek haar verhouding met Willem...
Kristien ontdek iets in Bart se kluis en maak ’n groot deurbraak met haar ondersoek.
Lienkie het ’n terugslag en word weer gehospitaliseer. Sy en Blitz ontvang uiteindelik goeie nuus...
Candice moet op Kersdag tussen Liam en haar ma kies.
Net voor die jaar eindig, vind Simon uit van Lulu se geheim en moet hy vir Renate daarvan vertel.
Getroud met Rugby is weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).
Suidooster
Daar is dalk permanente skade na Zoe se ongeluk, maar almal se groter bekommernis is die oorlog wat broei tussen Rhafiek en Tim. En terwyl almal vure probeer doodslaan, sit en speel Zoe skelmpies met die vuurhoutjies wanneer sy verveeld by die huis raak en haar eks, Wade, om hulp vra. Wade voel egter gou Zoe maak misbruik van hom om op Tim se senuwees te werk en gaan nie daarvoor staan nie.
Die oorlog tussen Rhafiek en Tim raak morsiger wanneer Kate erken dat sy nooit aan Zoe en Tim die vrywaringsvorms gegee het nie, wat beteken Rhafiek staan 'n kans om sy besigheid te verloor. Junaid verklaar sy liefde aan Kaashifa voordat Imraan die kans kry om dieselfde te doen, maar Imraan kan nie so maklik laat gaan nie en sy meedoënloosheid laat 'n paar wenkbroue lig.
Wanneer Ouma Rabia begin sleg voel is dit Imraan wat tot haar redding kom en ook daarmee saam uiteindelik gaar guns wen. Groot ongeluk kom oor Kaashifa se pad en almal is agterdogtig oor waarom sy eerste by Imraan aanklop om getroos te word en sy besef al meer wie die regte een vir haar is...
Maar sommige paartjies is net nie bedoel om te wees nie, soos Lukas en Bianca wat sukkel om hulle liefdesbootjie bo water te hou. Bianca begin ook al meer strenger op te tree teenoor klein Pieter, want Lukas weet nie hoe om sy seun te dissiplineer nie. Robin dink Lukas gee nie aandag aan sy seun nie noudat hy in 'n verhouding is, maar die verhouding beland uiteindelik op die rotse wanneer Bianca vir klein Pieter beseer terwyl sy hom eintlik net probeer dissiplineer...
En Kersfees lyk hierdie jaar bietjie anders wanneer Wade en Ty daarop aandring dat hulle die Kerspartytjie gaan hou en Bennie maak 'n groot glipsie wat Ty se geskenk aan Lee-Ann betref, maar niemand is dapper genoeg om iets daaroor te sê nie...
En wat is Kersfees sonder 'n bietjie drama? Siya en Danni neem hul verhouding na die volgende vlak en trek saam in, maar wanneer iemand uit Siya se verlede weer hul verskyning maak, dreig dit om vir Siya en sy verhouding met almal om hom te vernietig.
Suidooster is weeksdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) en kykNET & kie (DStv-kanaal 145).
Binnelanders
Desember is vol feesvierings, familietyd en vele verrassings!
Wat wag onder die Kersboom vir Binnelanders se aanhangers?
Meer as genoeg om daardie kerskouse tot oorlopens toe vol te maak-en te verseker dat jy nie jou afspraak elke aand om 19:30 gaan wil misloop nie.
Ruan en Vicky het beslis Kersfeestradisies waarvan Elana en Steve nie altyd bewus is nie, en om hierdie eerste feesseisoen sonder hul ouers 'n bietjie makliker te maak, het Elana 'n baie groot verrassing vir dié twee: Ouma Helena Bester kom kuier!
Helena is Elana se ma, en Conrad se stiefma, en sy is baie lief vir haar kleinkinders. Haar kinders voel nie altyd daardie selfde gloed van liefde nie, want sy is maar 'n kritiese vrou – en sy het duidelik baie kommentaar om te lewer. Dit is seker maar hoe dit gaan wanneer jy 'n huis vol mense het oor die feestyd, maar Elana is ook nie van plan om stil te bly wanneer sy voel asof heelwat van die kritiek op haar gemik is nie.
At Koster kan nie glo hoe een jaar 'n mens se hele lewe – en jou lewensuitkyk – kan verander nie. Verlede jaar was dit amper net hy en Annelize wat die vakansiedae gedeel het, en hierdie jaar het hy 'n hele huis vol mense op Kersdag.
Wanneer Ingrid vir Ethan bring om sy heel eerste Kersfees saam met sy pa deur te bring, is At natuurlik in rep en roer om hierdie beslis een vir die boeke te maak – maar dit beteken ook dat die res van die inwoners gaan deurloop. At is beslis nie by die huis om stil te sit nie – dit is verseker!
Of Annelize dit nou verdien of nie, haar Kersdag kom al vroeër in die maand wanneer sy een van haar grootste kersgeskenke tot nog toe kry! Na aanleiding van Tertius se familie-drama in November, besluit Annelize om haar biologiesefamilie op te soek. Nie een van Adler se kinders wil iets met haar te doen hê nie, tot 'n aantreklike man homself aan haar kom voorstel as Wessel Mouton – nog iemand waaroor die res van die Adler-kinders nie wil praat nie. Kan dit waar wees? Kry Annelize wraggies 'n halfbroer vir Kersfees?
Hugo en Julia het in November weer hul liefde vir mekaar ontdek, en in Desember wil Hugo dit 'n stappie verder neem. Maar is Julia, en hy, gereed vir wat op hulle wag? Elke verhouding het sy uitdagings, maar ons weet ook dat die liefde altyd seëvier – tensy die noodlot iets anders in gedagte het.
Hierdie is 'n feesseisoen soos min, en tussendeur die lag en samesyn is daar ook verligting oor die einde van die jaar wat nader kom – maar nie almal is so gelukkig om dit saam met familie te kan spandeer nie. Wanneer Tracy diep geraak word deur iets wat in haar woonstelblok gebeur, besluit sy om vrywilligerswerk aan te pak – en net soos wat sy kan! Maar raai net wie moet vir Tracy touwys maak? Niemand anders nie as Tom Greeff! Is daar dalk 'n kans op 'n gelukkiger Kersfees vir Tracy, of gaan sy weer die verkeerde ding doen of sê? Net die tyd sal ons leer.
Binnelanders is weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144).
Onthou om weeksaande in te skakel vir jou gunsteling kykNET-sepie en ons saam te gesels op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerke #kykNETGMR, #Suidooster en #Binnelanders te gebruik.