Logo

‘n Bietjie styl advies van Coco Chanel – Boer soek ‘n vrou

Nuus
24 Maart 2022
Marciel Hopkins en Coco Chanel het een eienskap in gemeen: Styl.
Coco Chanel Artikel Image

Die legendariese modeontwerper, Coco Chanel het altyd die mees perfekte advies vir enige mode-kwessie waaroor jy moontlik wonder.

Hier is ses goue stukkies advies wat sy gedeel het oor mode en styl:

  1. Eenvoud is die ware teken van elegansie.
  2. Om na jouself om te sien begin in jou hart en siel.
  3. Pêrels is perfek vir elke liewe geleentheid.
  4. ‘n Vrou se ouderdom is nie belangrik nie – jy kan wonderlik lyk in jou 20s, ongelooflik in jou 40s en asemrowend wees vir die res van jou lewe.
  5. Parfuum is die beste bykomstigheid vir enige uitrusting.
  6. Wanneer jy bykomstighede by jou uitrusting voeg, verwyder altyd die laaste item wat jy aangesit het.

Loer ook hier na ‘n bietjie serpie-inspirasie soos gesien in die seisoen van Boer soek ‘n vrou. Marciel Hopkins en haar stilis, Klarese Nel het baie pret gehad met dié bykomstigheid om haar klerekas bietjie op te kikker vir die plaaslewe.

Skakel elke Donderdag om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 vir die nuutste episode van Boer soek ‘n vrou of stroom dié reeks ook op die DStv-app of op Showmax. Jy kan ook saam gesels op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk, #BoerSoeknVrou te gebruik.