Logo

’n Aand om te onthou – Maak My Famous

Nuus
27 Junie 2019
Hier is wat jy misgeloop het.
Maak My Famous ep 10

Dié week was dit tyd vir ons top-6 talent om te wys dat hulle kan kers vashou met meer gevestigte kunstenaars. Emo het elkeen van hulle met bekendes gegroepeer, en die gehoor het die kans gekry om te stem vir wie hulle dink moet in die kompetisie moet bly. Dit was egter 'n bitter bil om te sluk toe Rezah Forbes te min stemme ontvang het om in die kompetisie te bly.

Eers het Tarryn Lamb en Emo Adams die aand afgeskop met hulle weergawe van Bradley Cooper en Lady Gaga se A Star is Born-treffer.

Kyk weer hier onder na Tarryn en Emo se duet:



Die gehoor was verras toe Robin Pieters van The Voice SA The Unknown vergesel op die verhoog vir ’n besonderse weergawe van Bruno Mars se “24K Magic”. Dit was die tweede duet van die aand, en beslis een om te onthou. Kyk hier daarna

Volgende aan die beurt was Megan Danner en Jarrad Ricketts met hulle weergawe van “Islands in the Stream”.  Volgens Ian Bredenkamp was hulle ’n “star collab”. “Julle lyk asof julle al jare lank saam perform,” het hy verder gesê. Vind hier uit hoekom.

Toe betree SA Ensemble die verhoog. Hulle was vergesel deur Sasha-Lee Davids van Idols 2009-faam. Dié duo het hierdie week gesorg vir hoendervleis én het ’n luidende applous ontvang nog lank voordat hulle klaar was met hul vertoning. Ian het vir Emo gesê: “I would love these guys open for you for a year.” Herleef die oomblik hier.

Daarna het Rezah Forbes weer die gehoor se lagspiere laat werk. Dié week het hy en Wayne McKay ’n lagwekkende skets gelewer, en dié komediant-kombinasie het die trane laat loop van die lag. 

Kyk hier na ’n gedeelte vanuit hulle optrede:



Dié optrede is gevolg deur Bernice West en Craig Lucas van The Voice SA-faam se duet van Lady Antebellum se “Need You Now”. “Om met Craig te sing [is] like singing against him,” het Emo vir Megan gesê. “Hy het ’n stem, [maar] kykie, girl, daai was phenomenal...jy weet nog nie hoe goed jy is nie.” Kyk self hier daarna

Cheswyn het die aand afgesluit. Tarryn het hom en “een van [sy] Worscester-mense”, Elwira Standili na die verhoog verwelkom. Dié duo het ’n besonderse weergawe van Bill Medley en Jennifer Warnes se liedjie “I had the time of my life” gelewer. Kyk weer hier daarna.

Blaai hier onder deur die foto's:
Gallery
Maak my famous014


In die volgende episode gee Emo die top-5 die geleentheid om die gehoor vir oulaas te beïndruk met 'n mini-vertoning van nie langer as 5 minute nie.

Kyk die voorskou hier onder:


Wat het jy van vandeesweek se optredes gedink? Maak geraas op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #MaakMyFamous en maak seker jy skakel elke Donderdag om 20:00 in op DStv-kanaal 144 en 21:00 op DStv-kanaal 145.