Logo

#MultiChoiceLive bring DStv-bekendes na Sandton

Nuus
19 Oktober 2016
Hierdie naweek maak die interaktiewe MultiChoice-ervaring, #MultiChoiceLive, ’n draai by die Sandton City-winkelsentrum in Johannesburg.
MultichoiceLive Sandton
Hierdie naweek maak die interaktiewe MultiChoice-ervaring, #MultiChoiceLive, ’n draai by die Sandton City-winkelsentrum in Johannesburg. Moenie uitmis nie – van DStv se grootste sterre staan gereed om jou te vermaak!

#MultiChoiceLive is ’n “pop-up”-uitstalling wat van plek na plek toer en besoekers saam met hulle op ’n reis deur die maatskappy se geskiedenis neem en agter-die-skerms-inligting oor geliefde handelsmerke soos DStv, M-Net en SuperSport deel. Kom vind meer uit oor die maatskappy se inhoud, innoverende produkte en bydrae tot die film- en TV-bedryf.

Van 21 tot 23 Oktober kan jy skouers skuur met DStv-grotes by Sandton City-winkelsentrum. Jason Goliath, ’n legendariese komediant, akteur en fasiliteerder, gaan as gasheer optree.

Hier is waarna jy kan uitsien:

21 Oktober, 13:00-16:00

• SuperSport-aanbieder Carol Tshabalala, Idols SA-vervaardiger ProVerb en OPW-aanbieder Thembisa Mdoda gaan geskenkpakke weggee en saam met aanhangers kuier.
• ’n Optrede deur Valentine, ’n kunstenaar van Mamelodi wat onlangs aan Idols deelgeneem en die top-9 gehaal het.
• DJ Speedsta gaan die gehoor se danspassies toets.
• ’n Mini-Idols-kompetisie, met prettige vermaak vir die jongspan.
• ’n Optrede deur Nomzamo Mbatha, TV-persoonlikheid en hip-hop-kunstenaar.

22 Oktober, 11:00-16:00

• Vermaak deur SuperSport-aanbieder Carol Tshabalala, Idols SA-vervaardiger ProVerb, OPW-aanbieder Thembisa Mdoda en SK van The Queen.
• Optrede deur Somizi SomGAGA, ’n Idols SA-beoordelaar.
• Meer vermaak van DJ Speedsta.
• ’n Mini-Idols-kompetisie, met prettige vermaak vir die jongspan.
• ’n Optrede deur Kwesta.

23 Oktober, 12:00-16:00

• Thembisa Mdoda en SK is vir oulaas op die verhoog.
• Kom neem deel aan ’n Koekedoor-bakkompetisie!
• ’n Optrede deur Prince Kaybee.

Waarheen volgende? #MultiChoiceLive vertrek hierna na Maponya-winkelsentrum in Soweto (25-27 November) en Menlyn Park in Pretoria (16-18 Desember).