Logo
kN Digital Banners Template In die SopSlim Homepage 1600x160
web uni tv guide

In Die Sop

144RealiteitPG13 L

Mossel linguine – In die sop

Nuus
16 Junie 2021
In vandeesweek se episode van In die sop, het Bertus en sy span die bakkery Cup of cake gaan besoek in Saldanha.
Mussel Linguine Article Image

Een van dié dorpie se industrieë is mossel-boerdery. Daarom het ons dit goed gedink om die mossel linguine resep te deel vir ‘n vinnige maaltyd oor die naweek.

 

Bestanddele:

  • ‘extra virgin’ olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, gesny
  • 1-2 knippies gedroogde chili
  • 1 ansjovis filet
  • 12 ryp kersie tamaties, gehalveer
  • 250 g vars gemaakte linguine
  • 1 kg mossels
  • ‘n handvol vars pietersielie, gekap
  • Sout
  • Vars gemaalde swartpeper

 

Metode:

  1. Bring ‘n pot gevul met water en sout tot kookpunt.
  2. In ‘n aparte pan braai die knoffel, gedroogde chilli en ansjovis met ‘n bietjie olyfolie. Voeg die tamaties by sodra die knoffel begin braai – dit is baie belangrik dat die knoffel nie begin verkleur tydens die braai-proses nie.
  3. Voeg die linguine by die pot kookwater en kook tot al dente. Terwyl jou pasta kook, voeg  jou voorbereide mossels by die tamatie sous. Sit die deksel op en stoom die mossels tot hulle oopgaan. As daar enige mossels is wat nie oopgaan nie, verwyder hierdie mossels. Voeg hierna die vars pietersielie by.
  4. Voeg die pasta en mossels nou bymekaar in ‘n aparte bak en meng dit goed.
  5. Bedien dit met ‘n ekstra skeut olyfolie en varsgemaalde sout en peper.

 

Laat weet ons op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk, #InDieSop te gebruik hoe dié resep gesmaak het! Onthou dat jy ook vorige episodes van In die sop kan stroom op die DStv-app.