Logo

Mooimaak draai klok terug vir Sonnette

Nuus
11 Oktober 2018
Lees meer.
Mooimaak Sonette

Kandidaat: Sonnette Nothnagel
Dokter: Dr. André Truter

Die Mooimaak-reis is nog nie verby nie! Kyk hier na ’n ekstra episode. 

Met meer as 22 jaar se mediese ondervinding, het dr. André instinktief geweet watter behandelings die beste vir Sonette se vel-toestand was. Om ’n geskikte plan uit te werk wat goeie resultate in so ’n kort tydperk kon lewer, maar wat steeds draagbaar vir Sonette sou wees, was die grootste uitdaging.

Sonette is ’n roker, en hoewel sy hierdie gewoonte drasties verminder het tydens die Mooimaak-proses, het dit steeds ’n impak op haar vel gehad. Dr. André het gefokus om haar pigmentasie, die algehele toestand van haar vel en normale tekens van ouderdom te verbeter.

Die vel op Sonnette se hande was ook verouderd, en dr. André het die CO2-laser wat hy op haar gesig, nek en bors gebruik het om pigmentasie te behandel en kollageen te stimuleer ook op haar hande gebruik.

Dit is fantasties om sulke drastiese veranderinge in so ’n kort tydjie te sien, maar dr. André verduidelik dat dit makliker is om ’n jong en gloeiende vel te behou met ’n gesonde leefstyl en gereelde behandlinge, eerder as om jare se skade te probeer ontdoen.

Sonnette het verder ’n ongelooflike 12 kg in 14 weke verloor, wat nie net haar fisiese voorkoms verander het nie, maar ook haar selfvertoue ’n groot hupstoot gegee het.

Dr. André sê: “Sonnette was die perfekte pasiënt. Van haar behandelings was baie ongemaklik, maar sy het altyd ’n glimlag op haar gesig gehad.

Ek is baie dankbaar om deel te kon wees van hierdie reis en wens vir Sonnette net die beste vir die toekoms toe.”

Kyk hier na ’n ekstra episode van Mooimaak.​

Besoek gerus Skin Renewal en Lamelle se webblaaie en maak seker jy skakel elke Donderdag om 20:00 in. Bly op hoogte deur die hutsmerk #Mooimaak te gebruik op FacebookTwitter en Instagram.