Logo

Mooimaak 2: Elmarie kyk lewe vierkantig in oë

Nuus
27 September 2018
Lees meer.
Mooimaak_Elmarie

Kandidaat: Elmarie van Zyl
Dokter: Dr. Graham Duncombe

Selfs al is dr. Graham ’n baie ervare dokter, erken hy dat sy pasiënte se unieke en dinamiese toestande hom op sy tone hou. 

Elmarie se linker oog, wat nie simmetries teenoor haar regter oog is nie en wat nie so groot oopmaak nie, was juis so ’n geval.

Hy het al spasmas om die oog met sukses behandel, maar in Elmarie se geval was die diep weefsel beskadig, wat die volume om haar oog-area heeltemal belemmer het.

Dit was dus dr. Graham se grootste prioriteit tydens hierdie Mooimaak-proses.

Die area het goed gereageer met ’n kombinasie van behandelinge, en dr. Graham verduidelik dat ’n drie maande lange periode eintlik relatief kort is om drastiese resultate te verwag. Deur nog gereelde behandelinge te doen, sal die weefsel om haar oog aanhou versterk, wat die balans tussen haar linker en regter oog nog verder sal verbeter.

Dr. Graham het verder aan die toestand en elastisiteit van Elmarie se vel aandag gegee met ’n reeks kollageen-verbeterende-behandelinge. Hy was veral tevrede met hoe die volume om die oog-, lip- en nek-areas verbeter het.

Hy verduidelik: “Mens moet nooit onderskat hoe uitdagend so ’n proses kan wees nie. Die al ewige kameras, onbekende behandelinge en die onsekerheid van die resultate is baie oorweldigend.

Elmarie was by tye onseker, maar het hierdie geleentheid met soveel grasie en dankbaarheid aangegryp dat dit net natuurlik was om die proses saam met haar te waardeer en geniet.”

Besoek gerus Skin Renewal en Lamelle se webblaaie en maak seker jy skakel elke Donderdag om 20:00 in. Bly op hoogte deur die hutsmerk #Mooimaak te gebruik op FacebookTwitter en Instagram.