Logo

Mooimaak 2: Aneline se “tweede troudag”

Nuus
11 Oktober 2018
Lees meer.
Mooimaak Aneline

Kandidaat: Aneline van Reenen
Dokter: Dr. Rulene Maré

Kyk Aneline se Mooimaak-reis gratis aanlyn hier. 

As kind het Aneline se ma vir haar gesê as sy gereeld haar neus aan die kante vryf, sal dit nouer word. Dit was baie duidelik dat die struktuur van haar gesig, tesame met gewigsverlies, vir haar die grootste prioriteit was.

Aneline se vel was in ’n goeie toestand en daarom wou dr. Rulene op die strukturele veranderinge fokus. Maar die eerste stap in die Mooimaak-proses was die mediese gewigsverlies-program. Dr. Rulene verduidelik dat dit beter is om so na as moontlik aan jou ideale gewig te wees voordat jy met hervormings-behandlinge begin.

Al was dit vir Aneline ’n uitdaging om die streng diëet te volg, het sy 9 kg verloor, wat ’n massiewe verskil aan haar resultate gemaak het.

1539077165 33 mooimaak aneline se troudag
Mooimaak

Aneline het geen foto’s van haar troudag jare gelede laat neem nie. Met die onthulling van haar nuwe voorkoms het die Mooimaak-span “troufoto’s” laat neem.

Dr. Rulene het die neus met ’n 3D nie-chirurgiese vernuwing aangepak, wat ’n kombinasie van strategies geplaasde dermale fillers en PDO threads insluit. Hierdie proses kan die neus nouer of wyer laat lyk, afhangende van die tegniek wat gebruik word, en daarom is dit belangrik om hierdie behandeling slegs by ’n dokter met goeie ondervinding te laat doen.

Dr. Rulene sê: “Dit was van die begin af duidelik dat Aneline baie trots is op haar voorkoms, maar sy het selfs mooier begin aantrek soos haar selfvertroue ontwikkel het.

“Ek bewonder die entoesiasme waarmee Aneline hierdie geleentheid aangegryp het, en selfs al het sy met persoonlike uitdagings geworstel, was sy altyd positief.”

Kry jy ook nie genoeg van Mooimaak nie? Kyk Aneline se Mooimaak-reis gratis aanlyn hier. 

Besoek gerus Skin Renewal en Lamelle se webblaaie en maak seker jy skakel elke Donderdag om 20:00 in. Bly op hoogte deur die hutsmerk #Mooimaak te gebruik op FacebookTwitter en Instagram.