Logo
Kunsvlyt
web uni tv guide

Kunsvlyt

144RealiteitsprogramFamilie

Monster van ’n partytjie – Kunsvlyt 3

Nuus
02 September 2019
Dié week se uitdaging vereis kinderlike inisiatief van elke kunsvlyter!
Monsterpartytjie

Kunsvlyters Charlene Potgieter en Heidi Coetzee se monsterpartytjie-dekor het ons voete onder ons uitgeslaan. Hier is hoe hulle dit gedoen het.

Skryf hier in vir ons Kunsvlyt-kompetisie. 

Jy benodig:

  • Denim-materiaal van Metro Lifestyle
  • 4 x Ronde hout skilderborde van Creative Talents
  • 4 x Houtboksies van Creative Talents
  • Pers, groen, swart en wit sponsvelle van Dala
  • Papier en ’n kopieermasjien
  • Pers en groen Tempera-verf van Dala
  • Inkleurkryte van Dala
  • Geel krytverf van Creative Talents
  • Ogies van Dala
  • Brother scanNCut
  • T-hemp wol
  • Ballonne
  • Faber castell Pitt Pens
  • Lekkergoed
  • Groen tulle van Metro Lifestyle
  • Versiersuiker
  • Tekstuur medium van Dala
  • Houtnaambordjies van Creative Talents

Stappe: 

Stap 1
Sny en soom die tafeldoek uit die denim-materiaal.

Stap 2
Verf die ronde houtskilderbord en die boksies geel met die krytverf.

Stap 3
Sny pers sirkels uit met die ScanNCut om bo-op die plekmatjies te sit. 

Stap 4
Verf die naam bordjies groen. Sny eier vorms uit pers spons uit met die ScanNCut masjien vir die monsterjies op die naambordjies. Plak ’n ogie in elke eier vorm en plak vas teen die naambordjie.

Stap 5
Teken ’n monstertjie op ’n A4-papier en kopieer dit met die Brother-drukker. 

Stap 6
Meng gladde tekstuur medium met die pers verf en nog ’n mengsel met die groen verf. Plak twee ronde skilderborde op mekaar vas die onderste een moet groter wees as die boonste een. Dit is die koek. Gebruik nou die gekleurde tekstuur medium om die koek te versier. Sny ’n sirkel uit groen sponsvel met die ScanNCut Masjien en plak bo-op die koek vas. Sny tande uit en nog drie kleiner sirkels vir die ogie wat opmekaar stapel. Die groen is die grootste, dan die wit en dan die swart. Plak opmekaar en plak ‘n ogie in die middel. Teken ’n mondjie en plak die tande bo-oor. 

Stap 7
Versier die kolwyntjies, pak die sweetie-houertjies, blaas die balonne op en dek die tafel.

Kyk hier na die foto’s​: 

Gallery


As jy hou van wat jy sien, skakel Maandae om 17:30 in vir Kunsvlyt en deel jou kreatiewe kunswerk op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #Kunsvlyt.