Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Melissa het haar pad oop gedans – Arendsvlei

Nuus
22 April 2021
Arendsvlei-kykers ken haar as Sasha Daniels, die dansende onderwyseres, en dit was juis dans wat haar op haar pad na roem gebring het.
BB

Vertel meer van jouself. Waar kom jy vandaan en wanneer het jy besef die vermaakwêreld is vir jou?
Ek is van Blackheath in die Kaap. Dis ‘n klein dorpie en daar was nie baie entertaiment in die sin van dramaklasse of dansklasse nie. My passie vir die vermaakwêreld kom egter al van laerskool af. Ek onthou ek het radioprogramme nagemaak en myself opgeneem wanneer ek dit gedoen het. Ek het ook danspassies geleer soos ek dit op TV gesien het. Maar ek het nooit gedink dit is moontlik om dit as ‘n werk te doen nie. Ná skool het ek gaan werk om geld te kry om te studeer. Eers besigheidstudies en later acting. Ek studeer om die waarheid te sê steeds. Ek dink ek sal altyd ‘n student bly en betaal steeds self daarvoor, maar shout out aan my man wat my so ondersteun.

Is jy ‘n danser wat ook ‘n aktrise is, of ‘n aktrise wat ook ‘n danser is?
Ek is ‘n aktrise wat ook dans. Hoekom ek so sê, is dat ek altyd geweet ek wil act. Die deurbraak in dans het vinniger gebeur omdat ek aan ‘n klomp kompetisies deelgeneem het en ook die kans gekry het om oorsee te gaan deur dans. Ek glo albei is forms of expression, maar ek beslis ‘n aktrise wat kan dans.

Wat is jou groot droom?
Wow, ek het baie drome. Om te doen waarvan ek hou is seker die grootste droom en ek is gelukkig dat ek reeds in daardie posisie is. Ek is baie dankbaar. My groot droom is om dit uit te brei en net nog meer verskillende rolle te speel, in Suid-Afrika en ook internasionaal. Met die rolle wat ek speel, wil ek mense inspireer, óns mense inspireer, die jeug hoop gee. Ek is die Here dankbaar dat ek reeds doen waarvan ek hou, maar ek sal dit baie graag op ‘n groter skaal wil doen.

Wat is vir jou die voordele en nadele van sosiale media?
Die voordele is dat jy jouself kan bemark. Dis soos ‘n visuele CV. Jy kan jou perfomances wys, jy kan connect met ander akteurs, dansers, directors. Die nadele is natuurlik dit is maklik om verslaaf te raak – aan die likes. Dan is daar die fake deel, die bullying. Die likes kan ook veroorsaak dat jy iets voorgee wat jy nie is nie en dan ‘n fake lewe lei. Maar die voordele is beslis dat jy jouself kan bemark.

Wat kan kykers in die toekoms van jou karakter in Arendsvlei verwag?
Juffrou Sasha Daniels is nou al deur soveel dinge by die skool, maar die dans journey wys ‘n ander kant van haar. Daar is ‘n paar dinge in haar verlede wat gaan inkom wat ek dink kykers gaan geniet. Ek wil nie te veel weggee nie, maar ek sien uit om te sien hoe dit gaan ontwikkel.

Saam met wie sal jy nog graag wil werk?
Ek het al saam met Lee-Ann van Rooi op Projek Dina gewerk en sal baie graag meer saam met haar wil werk. Ook iemand soos Vinette Ebrahim, mense wat voor my die pad oopgemaak het. Ek dink jy kan van almal iets leer en ek glo jy raak beter hoe meer jy saam met mense werk wat al lank in die game is. En dan internasionaal. Denzel Washington het onlangs my mense gebel om te sê hy wil graag saam met my werk. Ook Viola Davis, Oprah Winfrey, Tyler Perry, maar ek het gesê ek moet eers my ding op Arendsvlei doen. Jokes!

Wat het Arendsvlei vir jou loopbaan beteken?
Dit is major vir my. Arendsvlei het vir my ‘n kans gegee en om met amazing mense te werk. Dit het my ‘n stappie hoër gesit. Beslis my as aktrise en mens gehelp groei en ek glo dit gaan nog baie deure vir my oopmaak.

Arendsvlei saai Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET & kie (DStv-kanaal 145) uit.