Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Meer drama op pad in Mei – Arendsvlei

Nuus
01 Mei 2020
Berei jouself voor vir wat dié maand voorlê in die vlei!
Screen Shot 2020-04-28 at 5.42.38 PM (1)

Net wanneer arme Lee-Roy herstel van sy mislukte verhouding met Wesley, daag Wesley in Arendsvlei op met sy nuwe kêrel. Dit was nie Wesley se plan om Sebastian (Zhuander Amerika) aan enige iemand voor te stel nie, maar Sebastian het sommer self sy eie planne gemaak en hom voorgestel aan Wesley se vriende, en natuurlik versprei nuus vinnig in die Vlei. Voor Wesley nog vir Lee-Roy kon vertel van sy nuwe liefde, spring Claudia hom voor en vertel vir Lee-Roy alles.

Mev. Wolfe maak weer ’n draai in Arendsvlei. Kykers weet sy het vir eers gegroet, maar hulle sal geskok wees om uit te vind dat sy beplan om haar boekbeskendstelling in Anton se bakkery te hou. Beteken dit Olivia gaan vir eers in Arendsvlei bly? 

Waarmee is Wendy en Woelag besig? Wendy het vroeër vir Woelag gesê hy kan maar dwelms by Hoërskool Arendsvlei verkoop omdat Debra klaar is met skool. En die dag is nog nie eers om nie en Woelag vind sy perfekte kandidaat, Zane Meintjies, die uitstekende sokkerspeler. Woelag bedenk eers ’n manier om Zane aan sy kant te kry voor hy enige iets oor dwelms noem. Voor Zane homself kon kry, is hy in die middel van die dwelmbesigheid op die skool. En as kykers reg kan onthou, is Hoërskool Arendsvlei die laaste skool wat vir Zane ’n kans wou gee. Gaan hy sy ma teleurstel en geskors word of gaan hy sy man kan staan teen Woelag? 

Bly op hoogte met al die drama elke Maandag tot Woensdag en gesels saam op FacebookTwitter en Instagram!