Logo

Media24-joernalis - finalis danksy Oscar Pistorius foto's

Nuus
16 Maart 2015
Danksy ’n reeks foto’s wat otograaf Herman Verwey tydens die Oscar Pistorius-verhoor geneem het, is hy een van die finaliste in die nuuskategorie van die Sony World Photography Award.
kn_flits_herman_verwey_fotograaf

Die Oscar Pistorius-verhoor is lank reeds agter die rug, maar vir fotograaf Herman Verwey het dit ’n ongelooflike prestasie meegebring: Danksy ’n reeks foto’s wat hy tydens die verhoor geneem het, is hy een van die finaliste in die nuuskategorie van die Sony World Photography Award.

Verwey, fotojoernalis by Media24, het die verhoor van begin tot einde gevolg. Vir die 12 foto’s wat hy vir sy inskrywing gekies het, is die eerste op dag een van die verhoor geneem en die laaste foto op die dag toe Pistorius uit die hof gestap het. Verder het hy sleuteloomblikke tussen-in geïdentifiseer.

Sy gunstelingfoto in die reeks is een wat ook in Rapport verskyn het en wat vroeg in die verhoor geneem is. Hy was nie lus vir die skrum fotograwe rondom Pistorius nie en het by ’n venster ’n paar verdiepings hoër op in die hofgebou gaan staan om ’n foto te neem van Pistorius waar hy die gebou verlaat. Die media wat rondom die atleet saamdrom, lyk kompleet soos zombies en sorg vir ’n besonder treffende beeld.

Verwey vertel meer in ’n eksklusiewe onderhoud agter die skerms.