Logo

Maya die By: Kinderhuise woon première by

Nuus
15 September 2015
’n Paar kinderhuise is genooi om die première van Maya die By in The Zone in Rosebank, Johannesburg, by te woon.
Maya CSI 1
Maya die By het onlangs sy première, aangebied deur M-Net Movies en Ster-Kinekor, in verskeie teaters regoor die land gehad. Mzansi Magic en kykNET ondersteun ook dié fliek, wat in Engels, Afrikaans en Zoeloe uitgereik word.

’n Paar kinderhuise is genooi om die première van Maya die By in The Zone in Rosebank, Johannesburg, by te woon. Kinders van die Abraham Kriel-kinderhuis, die Abraham Kriel-gemeenskapsentrum en die NewClare- en Thusong-sentrum kon kyk hoe Maya se avonture op die grootskerm ontvou.

34 maya csi 5

34 maya csi 4

34 maya csi 3

34 maya csi 2

34 maya csi 1



Maya is ’n jong bytjie wat die korf verlaat om die geheime en wonder van die natuur te ontdek. Maar die pas uitgebroeide Maya is ’n vrygees wat nie die korf se reëls wil volg nie.

Maya die By begin op 18 September in teaters draai. Lees meer oor die fliek hier.