‘Sera Sera…’
Lente het onlangs haar gesig kom wys in die vorm van sagte bloeisels. Binne ’n kwessie van ‘n week was daar wit en pienk donsies oral sigbaar – die lang winterslaap is verby. Soms voel ek asof die mense hier hiberneer, net soos ’n dier – ’n dier wat gedisoriënteerd wakker word met ’n onbeheersde honger, opsoek na iets om te eet.
Die opgewondenheid is aansteeklik: Winkelvensters raak kleurvol, selfs die uitstalpoppe glimlag breër. Haarsalonne is vol gepak : ‘la Madame’ sit mos met “gladewrap” op haar kop en geselsies maak, dis glo meer gesond as “foelie”. Daar is ’n nuwe reuk in die lug en dit is nie ‘Monsieur’ Metroman se skerp ‘Dior Homme Cologne’ nie. Dit is skoon, vars en foutloos… dit is Lente, die begin van nuwe lewe, drome en dinge.
Op 20 Maart is dit lentedag in Frankryk. Dit beteken dat die jaar amper tot ’n einde kom en dat die somervakansie (Junie/Julie) om die draai sit en koekeloer. Waar party se tasse skaars uitgepak is van hul ski vakansies in die Alpe, beplan ander reeds hulle somervakansies teen die Franse Riviera.
Aan die anderkant van die aardbol verkleur die blare na oranje, rooi en geel. Die groen gras van somer verloor al sy trots, wanneer dou en ryp soos ’n dief in die nag sy kleur kom steel. Die vars aande is helder verlig deur die melkweg en wanneer Eskom sorg vir ‘load shedding’, spog die volmaan in al sy glorie met ’n helder glans. Vir sommiges is dit hulle gunsteling seisoen, waar ander die laaste bietjie sonskyn wil bottel en preserveer vir die onder-vriespunt dae van winter. Die intense behoefte vir snoesige samesyn onder een kombers met ’n warm koppie sjokolade…
So verkleur elkeen van ons lewens soos die seisoene. Ek is so ingesteld op somer en winter dat ek vergeet van die tussenin seisoene, die tyd van noodsaaklike verandering. My ongeduldige natuur is altyd opsoek na ’n “quick fix”, na ’n onmiddellike antwoord, want tyd is kosbaar. Ek sien die lewe in wit en swart, reg of verkeerd… Maar partykeer is daar grys. Soms gebeur iets wat ek nie kan verduidelik of kan verstaan nie. As ek nou daaraan dink is die wêreld eintlik meer soos lente en herfs in plaas van winter en somer.
Ek is oortuig dat die Franse dit bemeester het om die seisoene letterlik deel van hulle lewens te maak. “Sera, sera” beteken vir my dat als sal goed uitwerk, ten spyte van die seisoen waarin ek myself bevind. “What will be will be…”
Kry nuwe perspektief met ’n nuwe haarstyl. Koop jou gunsteling, goedvoel-kleur kledingstuk. Lees ’n boek. Trek daai hoë hakke aan en bederf jouself net ’n bietjie. Tart jou sintuie met ’n nuwe geur parfuum. Eet, drink en lag, en koester die liefde. Gebruik genoeg tyd vir verandering... Dis die metamorfose van die lewe, dis ’n tydsaame proses en’n lewenswyse en beslis nie ’n japtrap “makeover” nie. Niks in die lewe wat die moeite werd is, is maklik nie. Hier is ’n paar foto’s van een van my onlangse uitstappies…
Mariza Ebersohn is ’n Voorkomskonsultant en grimeerkunstenaar. Sy was ’n stilis op die bekende TV-program Boer soek ’n vrou. Bly ingeteken op haar opwindende leefstyl in die Suide van Frankryk asook haar weeklikse insigte rakende die nuutste “Haute” trends. Maak seker jy volg vir Mariza Ebersohn op haar sosiale platforms, om op hoogte van haar Franse avontuur te bly. Mariza Ebersohn op Facebook
Mariza Ebersohn Blog
Mariza Ebersohn op Twitter
Mariza Ebersohn op Instagram