Logo

Mari-Louis beantwoord Koekedoor-vrae in blog

Nuus
16 Maart 2015
Mari-Louis_Blog-1024x688

Die Koekedoor-beoordelaar en kosstillis Mari-Louis Guy se blog op Huisgenoot.com gee besonderhede oor wat agter die skerms by Koekedoor gebeur.

Só het sy verlede week in ’n blog-inskrywing geskryf:

“Die Koekedoor-vraag wat ek tot dusver die meeste moes beantwoord, is hoe ons op die uiteindelike 10 finaliste besluit het. Ek vermoed half dat almal wat die vraag vra, ’n binnebaan soek in geval ’n seisoen 2 aangekondig word…

Nou toe, hier is die storie van 1 000 koeke en ’n pad wat lank was, hoewel goed versuiker!

Eers moes die voornemende deelnemers ’n vraelys beantwoord en ’n takie bymekaarsit. Daaruit het ons probeer agterkom of daar baktalent is, of die persoon aan ons kriteria voldoen en by ons produksiedatums sou kon hou.”

Besoek haar blog by huisgenoot.com/blogs.