Logo

Marciel se NYC-minuut – Boer soek ’n vrou 13

Nuus
09 Maart 2020
Het jy nog altyd gewonder hoe dit sou wees om na ‘Die Groot Appel’ toe te reis? Marciel Hopkins, die splinternuwe aanbieder van Boer soek ’n vrou is tans daar vir twee maande. Sy deel bietjie van haar avontuur met ons…
5

Hoekom is jy op die oomblik vir 2 maande in New York? 

My voltydse beroep is modelwerk, so ek is hier op ’n werk visum na ek einde 2018 by ’n agentskap in New York geteken is. Ek het reeds vir my visum betaal na ons 6 maande daaraan gewerk het toe kykNET my vra om weer te oudisie vir Boer soek ’n vrou. Ek sou heelwat langer New York toe kom, maar Boer soek ’n vrou roep my vroeër terug Suid-Afrika toe. Ek is ongelooflik dankbaar om twee van my grootste drome in een jaar te kan uitleef. 

Wat is jou gunsteling aspek van New York?

Die energie van die stad vul jou hele wese met passie en inspirasie. Almal wat New York toe kom het groot drome en ek glo dit is aansteeklik en tasbaar in die lug. 

Wat mis jy op die oomblik die meeste van Suid-Afrika? 

Om te kan somerrokkies dra. Dit is vrek koud hier, party dae is -1 grade! 

Wat is die opwindendste ding wat nou die afgelope tyd met jou in New York gebeur het? 

Ek het onlangs vir Cindy Crawford ontmoet. Dit was ’n ongelooflike ervaring en ’n groot verrassing! Ek het soveel respek vir haar en haar werk. 

Hoe het jy gevoel toe jy Cindy Crawford ontmoet het? 

Ek het dit glad nie verwag nie, maar dit was ’n wonderlike verrassing. Sy is een van die grootste supermodelle van alle tye, so my bene het bietjie gebewe toe ek met haar gesels. Sy is só mooi en nederig in persoon. 

Wat dink jy sal jy van jou ervaring in New-York kan terugbring Suid-Afrika toe – veral met Boer soek ’n vrou wat eersdaags met verfilming begin?

Ek het alreeds soveel gegroei as mens en ek is nog net vir 3 weke hier. Die stad leer jou om in jouself te glo, om op jou voete te dink en om onafhanklik te wees. Hier vra niemand om verskoning nie, hulle gaan net vir wat hulle wil hê. Hopelik kan ek die boere inspireer om vreesloos te wees as dit kom by besluite wat hulle oor die liefde moet maak.

Kyk hier om meer te sien van Marciel se avonture in New York!

Gallery

Dit lyk omtrent asof Marciel dit terdeë geniet! Ons kan egter nie wag om te sien hoe sy die boere gaan help liefde vind later die jaar nie. Gesels saam op ons Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik.