Logo

Magtag!: Om te lag is Pragtag!

Nuus
14 Junie 2016
Whacked, in samewerking met kykNET en Jacaranda FM, bied aan: Magtag! – die komedie van die jaar wat beloof om jou uit die veld te slaan.
Magtag
Whacked, in samewerking met kykNET en Jacaranda FM, bied aan: Magtag! – die komedie van die jaar wat beloof om jou uit die veld te slaan, met onder meer skerpskertsery, skets, video en musiek.

Neem een van die beste produksiehuise in die land, ’n groep van die talentvolste komediante in die kontrei, van die beste videoskets-kunstenaars op die internet, die televisiekanaal wat Afrikaanse vermaak gedefinieer het, ’n geheime musiek-gaskunstenaar en wat kry jy? Magtag! – ’n onvergeetlike aand opgedra aan die wonderlike geluid van Afrikaanse gelag.

Op 24 en 25 Junie kan jy die geleentheid hê om van Suid-Afrika se top-komediante op een verhoog by Carnival City te sien: met onder andere Shimmy Isaacs, Melt Sieberhagen, Monique Nortje, Schalk Bezuidenhout en Rian Van Heerden, sowel as spesiale video-verskynings deur Suzelle DIY.

34 magtag 2


Top-vervaardiger van komedie Whacked meen dat Afrikaanse humor wêreldklas is en dat dit op ’n unieke wyse gevier moet word.

“Komedie ervaar oor die afgelope paar jaar reuse groei, met groter en meer skouspelagtige vertonings wat aangebied word – maar die meeste hiervan keur Engels voor,” sê Marita van Schalkwyk, kreatiewe regisseur, oor dié voortreflike Whacked-produksie.

“Ons het gedink dat ons iets op die planke moet bring wat regtig Afrikaans vier, want dis ’n unieke taal – en van die beste skryfwerk in Afrikaanse komedie kan net nie in enige ander taal vertaal word sonder om die regte bekoring daarvan te verloor nie.”

Verder sê sy: “Ons kan nie wag vir hierdie twee aande nie, waar duisende Afrikaanssprekende mense bymekaar kan kom en ’n skitterende vertoning kan geniet wat die volslae hilariteit van plaaslike komedie vier en erken.”

Weens die beperking in kaartjies sal dit ook uitgesaai word op kykNET, wat trots is om saam met Whacket deel te wees van dié produksie. Geskiedenis word gemaak, aangesien dit die eerste keer sal wees wat Afrikaanse skerpskertsery op dié kanaal vertoon sal word.

Omdat Jacaranda FM reeds jare lank met die Afrikaanse mark praat, ondersteun hulle dié inisiatief 100% en weet dat dit hoogtyd is dat iemand ’n enorme aand vol opwinding vir Afrikaanse komedie op die planke bring.

Dit beloof om soveel meer as net ’n vertoning te wees. Dié aand sal afskop in die voorportaal waar ’n groot aantal verrassings om elke hoek en draai verwag kan word, terwyl fantastiese produkte ook vertoon sal word. Daarna beweeg ons arena toe.

WEN!

’n Paar gelukkige gaste staan ook ’n kans om elk eksklusief toegang te kry na agter die verhoog. Kykers hoef eenvoudig dié vrae te beantwoord deur op kykNET se Twitter- of Facebook-blad die antwoord te gee en die hutsmerk #magtag te gebruik.

34 magtag komp. big top

34 magtag komp. bittereinder

34 magtag komp. jogurt

34 magtag komp. kyknet

34 magtag komp. radio

34 magtag komp. span



Kaartjies vir Magtag!, die Afrikaanse komedievertoning van die jaar, is nou beskikbaar by Computicket. Klik hier.