Die sopraan Magdalene Minnaar het met ons oor haar loopbaan, nuwe album en SuperSkouspel gesels.
Minnaar, wat vroeër vanjaar genomineer is vir ’n kykNET Fiësta-toekenning en met ’n SAMA-toekenning weggestap het, sê dat sy “van nature” baie lief is daarvoor om te sing en musiek te maak: “Dit was my ouers wat nog altyd vir my leiding gegee het, en my toegelaat het om van jongs af my passie te volg.
“Ek werk op die oomblik aan my eerste album met ’n volle orkes,” vertel sy. “Dit gaan verskillende genres insluit, van opera tot musiekblyspel. Ek is baie opgewonde daaroor!”
Minnaar betower gehore regoor die wêreld met haar veelsydige stem. “Dit lyk baie glamorous van buite” sê sy, “maar dit verg baie harde werk en baie opofferings.”
Volgens Minnaar moet mense nie bang wees vir opera nie: “Daar kom gereeld mense na my toe en sê dat hulle nooit van opera gehou het nie, maar dat hulle converts is na my vertoning.”
Sy sal graag wil sien dat Suid-Afrikaanse gehore hul horisonne verbreed, en na ’n wye verskeidenheid konserte en teaters gaan. “Probeer dit ten minste een keer,” sê sy.
Minnaar werk gereeld saam met internasionale vervaardigers en musikante, maar het ook ’n elektroniese samestelling van haar musiek saam met haar broer, Louis Minnaar, vervaardig. Louis is beter bekend as lid en vervaardiger van die bekende hip-hop-groep Bittereinder.
Daar is sprake dat Minnaar later vanjaar saam met Bittereinder by SuperSkouspel op een verhoog te sien sal word. Dit sal haar eerste Skouspel-optrede wees.
“Ek is baie opgewonde oor die lys van ongelooflike kunstenaars wat vanjaar betrokke is”, sê Minnaar. “Ek dink nie daar was al óóit so ’n konsert in Suid-Afrika nie.”
Minnaar is verder betrokke by DIVAS UNITE, ’n konsert wat poog om fondse in te samel vir behoeftige vroue met borskanker.
Magdalene Minnaar tree op by SuperSkouspel op 19 September 2015.