Logo
kN Digital Banners Template Op my Eish 3Slim Homepage 1600x160 (3)
web uni tv guide

Op My Eish!

144RealiteitPG13

Maak sy vriende; jou vriende – Op my eish!

Nuus
16 Julie 2021
Hoe maak jy jou geliefde se vriende jou nuwe bestie?
OME Article Image

Nuwe verhoudings is vol opwinding, vlinders, verliefdheid, maar dit kom ook met sy eie uitdagings, soos om die ouers te ontmoet, om die uitgebreide familie te ontmoet, maar die een ontmoeting waaroor daar die minste gepraat word – is wanneer jy die vriende ontmoet.

Hoe skep jy ‘n goeie eerste indruk op jou geliefde se vriende?

Hier is ‘n paar wenke:

Moenie in sy vriendskappe inmeng nie. Aanvaar dat hy sy vriende langer ken en dat daardie vriendskap-bande wat gesmee is, baie moeilik gaan wees om te breek. Juis daarom dat dit belangrik is om sy vriende aan jou kant te kry. ;)

Moenie die PDA te dik aanplak nie – niemand wil julle troetelnaampies vir mekaar hoor nie – veral nie sy vriende nie.

Beïndruk sy vriende met jou ongelooflike humorsin, maar wees versigtig dat grappies nie dalk té ver gaan nie. Veral nie snaakse stories oor jou geliefde nie.

En die laaste wenk is om net jouself te wees. Jou spesiale persoon hou van jou net soos wat jy is, en sy vriende sal ook. So ontspan en geniet dié spesiale fase van verlief wees!

Onthou dat #OpMyEish nou beskikbaar is om te binge op die DStv-app.