Logo
MMF

Maak my famous groet Ayden & Tamaryn van Namibië

Nuus
15 Augustus 2020
Die Maak my famous TOP-10-vertonings het vanaand op kykNET, sowel as kykNET & kie, afgeskop met groot aankondings! Emo Adams, aanbieder en uitvoerende vervaardiger van die program, het tydens die uitsending die nuus gedeel dat die twee Namibiese deelnemers, Ayden & Tamaryn, nie meer deel van die kompetisie kan wees nie.
Article Image MMF Presser EP 8

Ayden & Tamaryn kon weens die streng maatreels rondom die Covid19-pandemie nie betyds in Suid-Afrika aankom vanaf Namibië, om te isoleer én deel te neem aan die kompetisie nie.

kykNET het in kontak getree met beide die Namibiese en Suid-Afrikaanse regering, maar ná talle probeerslae moes die produskiespan die besluit neem om liewer die broer-en-suster duo vir eers te groet.

Emo het ook aangekondig dat Ayden & Tamaryn die R20 000 sal ontvang wat gedurende die Geld of Geleentheid-segment aangebied is. En sou daar ’n derde seisoen van die talentkompetisie wees, sal Ayden & Tamaryn outomaties deel van die TOP-48 wees.

“Ons harte is stukkend omdat ons Maak my famous-reis op so ’n manier tot ’n einde moes kom. Ons wens dinge kon anders uitdraai, maar ons is net baie dankbaar dat ons, ons talent met Suid-Afrika asook Namibië kon deel. Ons kan nie genoeg dankie sê vir al die ondersteuning wat ons tot dusver ontvang het nie,” sê Tamaryn.

Kyk hier na Ayden & Tamaryn se video-boodskap aan die kykers.

Noleen Spinks, oftewel Spinksie, van Port Elizabeth sal nou hulle plek in die TOP-10 inneem. Spinksie is in die TOP-20 uitgestem deur die gehoor.

“Dit is ’n bittersweet moment on terug te wees. Ek’s ongelooflik dankbaar vir hierdie geleentheid, maar ook baie hartseer vir dié wat die kompetisie moes verlaat. Either way, ek het ’n tweede kans gekry en sal dit met altwee hande aangryp en gebruik,” sê Spinksie.

Aan die einde van vanaand se episode het Emma Ellis se Maak my famous-reis tot ’n einde gekom.

Skakel elke Saterdagaand om 20:00 op kykNET, DStv kanaal 144, en kykNET & kie, DStv kanaal 145, in vir nog meer aksie.