Logo
Nes op sy bes – Poster
web uni tv guide

Nes Op Sy Bes

144TuisteskeppingPG

Maak jou 'Nes op sy bes' met Candice

Nuus
22 September 2021
Skakel vanaf 7 Oktober 2021 om 17:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, in om ook wenke vir jou eie huis te kry!
Nes Op Sy Bes

Almal voel nou en dan om hulle huise op te knap, maar waarvandaan sal die geld kom?

In kykNET se nuwe realiteitsreeks Nes Op Sy Bes, help Candice Weber families om ’n spasie in hul huis mooi en luuks te maak sonder om ’n sent te spandeer. En hoe kry sy dit reg?

Candice sif deur jou huis en vind daardie items wat die meeste stof opgaar en jy nooit gebruik nie. Sy verkoop dan die gekose items aan Cash Converters en gebruik die geld om nuwe items aan te koop wat die familie se huis meer funksioneel en leefbaar sal maak, terwyl haar span professionele organiseerders (MK Method) ’n ander spasie in die familie se huis organiseer.

Vanaf 7 Oktober, stap Candice elke week in 13 verskillende families se huise en gee vir hulle wenke en ’n pragtige nuwe spasie waarop hulle trots kan wees. 

“Dit was ’n ongelooflike lekker proses vir my om deel te kon wees omdat ek glo dat ons almal die vermoë besit om ons omstandighede te verander en ’n positiewe verskil te maak in mense se lewens. Kykers kan dus uitsien na wenke om hulle huise beter te organiseer, nuwe binnehuisversierings-modes te ontdek en hoe hulle hul eie huis ook in een dag nuwe lewe kan gee,” vertel Candice.

Candice help onder meer ouers wie se kinders al uit die huis is en nie weet wat om met die ekstra spasie te maak nie tot ’n paartjie wat mal is oor die buitelewe en rock art en graag hulle hoofslaapkamer so wil versier.

Sy loer ook in by ’n paartjie wat hul troudag moes uitstel wees Covid-inperkings. Tans bly net die bruidegom in hul huis en het hy Candice se hulp nodig om sy bruid se smaak regdeur die huis te inkorporeer.

Nes Op Sy Bes word deur dieselfde maatskappy vervaardiger wat Vat jou goed en trek vervaardig.

Skakel vanaf 7 Oktober 2021 om 17:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, in om ook wenke vir jou eie huis te kry!