Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Maak gereed vir 'n September propvol drama met Arendsvlei

Nuus
02 September 2020
Loer hier na wat jy dié lente kan verwag in jou gunsteling–telenovela ...
Untitled design

Ronel (Melanie du Bois) se Doenitmal-teaterstuk is terug en reg vir aksie! Kykers sal onthou dat Ronel en Thys (Sherman Pharo) in seisoen een Doenitmal voor die skool opgetree het en nou kry Ronel die geleentheid om dit vir almal by die Baxter-teater te wys! Ronel is natuurlik vreeslik opgewonde hieroor, maar Thys demp haar entoesiasme so bietjie wanneer ’n ander man sy verskyning maak … 

Dinge ruk al hoe meer handuit by Hoërskool Arendsvlei nadat Kim (Beata Green) die skool verlaat het. Beatrice (Jolene Martin) en Thys (Sherman Pharo) moet nou probeer admin doen, skoolhou én skoolhoof en onderhoof speel. Maar soos ons vir Petra (Shimmy Isaacs) ken, neem sy dit in haar eie hande om die skool te red, sonder dat enige iemand haar vra. En sy neem haar werk baie ernstig op as die nuwe sekkie! Dis nou ’n battle tussen Petra die sekkie en Hein die opsigter. 

Terwyl Wendy en Steve huis-huis speel, beplan Woelag ’n groot rooftog. Die verliefde paartjie is natuurlik woedend as hulle uitvind hulle was nooit betrek nie en maak hul eie planne. Arendsvlei se Bonnie en Clyde is amptelik hier en op ’n mission! Maar dis van korte duur, want ’n dubbele moord skok die hele Arendsvlei.

Onthou om Maandae tot Woensdae om 20:00 in te skakel vir Arendsvlei. Gesels ook saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk, #Arendsvlei te gebruik.