Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Lindsey leer elke dag meer van haarself – Binnelanders

Nuus
17 September 2021
Haar loopbaan in die kollig het baie jonk begin, maar dit is die enigste plek waar sy wil wees sê Binnelanders se Lindsey Abrahams wat die geliefde Chanel Samuels speel.
Binnelanders – Chanel

Jy het reeds op skool erekleure vir drama gekry, maar wanneer het die gogga gebyt?
Die gogga het baie vroeg gebyt. My ma het groot produksies vir die kerk gedoen toe ek so drie, vier jaar oud was en het altyd ‘n hoekie vir my gekry om iets te doen. So ek was omtrent vier jaar oud toe ek al op die verhoog was.

Jy kom van Atlantis buite Kaapstad, was op Milnerton op skool en het drama op Stellenbosch studeer. Was dit moeilik om die Kaap vir Johannesburg te ruil?
Ek was baie huisvas as kind en nie baie street smart nie, maar tog was dit vir my baie opwindend om na ‘n heel nuwe stad toe te trek. Ek het nie issues daarmee gehad nie. Die idee was te groot en avontuurlik om dit nie te geniet nie. So ek sal nie sê dit was moeilik nie. Ek mis natuurlik die Kaap – dit sal altyd huis wees en so mooi, maar Johannesburg is waar ek nou bly.

Wat geniet jy die meeste van Johannesburg?
Die mense. Ek het sulke great mense hier ontmoet en ek sal hulle vir niks verruil nie. Hier is so ‘n kultuur van saam kuier en nuwe plekke ontdek en ek love mos dit!

Wat dink jy is Chanel se sterkste punte?
Sy glo altyd die beste van mense. Sy het integriteit, wil altyd alles reg doen en sy gee om vir mense.

Wat is die beste raad wat jy al as vrou gekry het?
Ek kry so baie advies van my ma, maar my beste is “vind jou stem”. Nie net om jou merk te vir ander te maak nie, maar om jou eie stem te herken.

Ons het pas Vrouedag en Vrouemaand gehad. Wat beteken dit vir jou?
Dit is great manier om vroue te vereer, die rolle wat hulle speel en hoe baie hulle vir ander doen en beteken. Alhoewel, dit breek my hart om te sien hoe ons groot maatskappye ‘n hele parade daarvan maak, maar vroue word mishandel en die syfers styg steeds en niks word daaraan gedoen nie. Soveel as wat ek Vrouemaand geniet en waardeer, dink ek wel ons kan meer doen om vroue beter te behandel.

As jy een ding vir vroue in Suid-Afrika kan vearnder, wat sal dit wees?
Die stigma dat vroue nie sterk en waardevol is nie. As hierdie stigma verander, glo ek die mishandeling van vroue sal afneem, vroue in die werkplek betaal word wat hulle werd is en ons opinie sal meer gewig dra.

Jy het op die verhoog ook gewerk. Wat is jou gunsteling-herinnering?
Die adrenalien wat jy op die verhoog ervaar, kan met niks vergelyk word nie. Ek dink om die live response van die gehoor te sien en te voel is vir my die lekkerste.

Wie is die vroue wat jy as mentors sien?
My ma is beslis nommer een. Ons bel mekaar nog steeds heen en weer en sy mentor my deeglik. Ek hou nommer twee vir wie ookal ek kies om my in daardie seisoen van my lewe te mentor. Ek is op die oomblik besig om Michelle Obama se biografie, Becoming, te lees en ek leer by haar in hierdie seisoen van my lewe.

Wat is die beste lewensles wat jy geleer het?
My lewenslesse is ook seisoenaal. Op die oomblik is die beste raad raad wat my ma vir my gegee het: Vind jou stem. Ek is besig om deur ‘n transition te gaan waar ek verskriklik baie van myself leer en daarom moet ek ‘n stem vind vir almal om my, maar meestal vir myself.

Gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram en onthou om weeksaande om 19:30 in te skakel vir die jongste drama en intrige wat in die gange van Binnelanders uitspeel.