Logo
Kunsvlyt
web uni tv guide

Kunsvlyt

144RealiteitsprogramFamilie

Lieflike laaikassies – Kunsvlyt 3

Nuus
17 September 2019
Hier is ’n lieflike laaikassie-projek om die naweek aan te pak.
Kunsvlyt Ep 11 Ronell 09

Kunsvlyter Ronell Neethling se lieflike laaikassie-projek het almal se asems weggeslaan. Hier is hoe jy ook een kan maak: 

Skryf hier in vir ons Kunsvlyt-kompetisie. 

 

Jy Benodig:

  • Bruin en room-kleur verf van Creative Talents
  • Tombow gom van The Wholesaler
  • Dubbelkantige-kleefband van The Wholesaler
  • Chalk Ink van The Wholesaler – Bruin  
  • Little Birdie 2-in-1 Texture Paste
  • Drie plat plankies van Creative Talents
  • Swartbord-plakkers van Dala
  • Donker en sagte-politoer van Creative Talents (Dark wax and soft wax)
  • Dala-kurkvelle
  • Dala Antique Rub - brons
  • Dala gold-leaf en size glue
  • Twee halwe keramiek-bakkies van The Clay Club
  • Dala Modge Podge
  • Wit permanente-pen van Faber Castel
  • Dala-kwaste in verskeie groottes  
  • Ou tydskrifte uit die Rommelkas
  • Geroeste blikkie van die rommelkas
  • Kaisercraft Antiquities Papierpak
  • Gomgeweer
  • Henkel – Ponal gom
  • Skuurpapier
  • Go Cut Masjien  

Stappe: 

Stap 1

Verf die hele kassie met die room-kleur krytverf, net die twee kantpanele word in bruin geverf.

Stap 2

Plak plakboekpapier op die voorkant van die boonste laaitjie, gebruik die dubbelkantige-kleefband hiervoor. Gebruik die Go Cut-masjien en emboseer van die plakboekpapier. Verouder die kante deur dit met skuurpapier te skuur en vryf dan van die “antique rub” op die kante van die papier. Plak dit nou vas met die dubbelkantige-kleefband.

Stap 3

Verf die plat hout-plankies bruin en ink die kante. Los om droog te word en plak dan van die swartbord-plakkers daarop. Skryf op die plakkers met die wit pen. Plak nou die plankies vas op die kassie met die gomgeweer.

Stap 4

Gebruik van die ou boekblaaie en decoupage die halwe keramiek-potjies daarmee. Plak dit op twee van die rakkies vas om as handvatsels te gebruik.

Stap 5

Sny twee kurkvelle groot genoeg om binne in ‘n laai se bodem te pas. Ink die kante met die “antique rub”. Plak dit vas met die ponal-gom.

Stap 6

Gebruik die bruin-krytverf en verf die rante van die kassie, vee dit dan weer effens af voor dit droog is om dit verouderd te laat lyk.

Stap 7

Gebruik die stensils en die tekstuur medium en stensil op die kante van die rakkie. “Gold Leaf” die voetjies van die rakkie. 

Kyk hier na die foto's

Vir nóg meer kreatiewe idees, skakel Maandae om 17:30 in vir Kunsvlyt en deel jou kreatiewe kunswerk op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #Kunsvlyt.