Logo
kN Digital Banners Template Op my Eish 3Slim Homepage 1600x160 (3)
web uni tv guide

Op My Eish!

144RealiteitPG13

Liefdesadvies – Op my eish!

Nuus
05 Mei 2021
Ons kyk na 'n paar maniere waarop jy die beste pasmaat vir jouself kan kies.
Untitled design

As jy na jou vorige verhoudings terugkyk en besef dat jy nie die beste pasmaat vir jouself gekies het nie, is hierdie wenke vir jou. Ons kyk na 'n paar aspekte waarop jy moet fokus voordat jy enige verhouding betree.

Mense sal jou presies vertel wie hulle is; dit hang van jou af om te luister.
As iemand sê dat hulle gewoonlik in 'n slegte bui is of nie weet hoe om in 'n monogame verhouding te wees nie, luister na wat hulle sê en moenie aanvaar dat jy hulle kan verander nie.

Soek iemand wat vriendelik en liefdevol is.
As jy regtig gelukkig is, sal jy 'n pasmaat vind wie ook 'n gesin het wat hulle geleer het hoe om vriendelik en liefdevol te wees. Om skoonouers te hê wat jou soos 'n familielid behandel, sal jou lewe baie gemakliker maak.

Soek iemand met wie jy kan praat.
Na 'n ruk is hierdie eienskap baie belangriker as voorkoms, geld of 'n beroep. As jy nie met jou pasmaat kan praat of op hulle skouer kan huil nie, gaan jy in die langtermyn sukkel om 'n uitlaat te vind vir jou emosies. 

Maak seker dat julle die basiese beginsels in gemeen het.
As een van julle byvoorbeeld kinders wil hê en die ander nie, gaan die verhouding moontlik kort-voor-lank tot 'n einde kom. Geestelike en politieke verskille kan ook moeilik wees om te hanteer - namate ons ouer word, word ons gevoelens in hierdie gebiede al hoe sterker.

Soek iemand wat jou laat lag.
'n Sin vir humor kan jou help om baie van die struikelblokke in die lewe te oorkom. As iemand jou kan laat glimlag wanneer jy nie lus is nie, is dit 'n wonderlike eienskap.

Henre gee vir Neels 'n paar wenke op sy soeke na liefde wat op elke verhouding van toepassing is:

Skakel elke Donderdag om 20:00 in vir Neels se soeke na liefde in Op my eish! en gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #OpMyEish te gebruik.