Logo

Legendes van Afrikaanse Musiek: Hulde aan ’n goue oue

Nuus
06 Julie 2017
Ons raak nostalgies oor Afrikaanse-liefling, Gé Korsten.
Billboard Large_Ge Korsten

FOTO: Verskaf

Gé Korsten-aanhangers sal verheug wees om te hoor dat Legendes van Afrikaanse Musiek afskop met die kollig op dié legendariese musiekswaargewig.

Hier is tien dinge wat jy dalk nie van Gé geweet het nie.

  1. Hy is in Schiedam, Nederland, gebore.
  2. Die eerste keer wat hy gesig gewys het op ’n verhoog was in die operette Lilac Time.
  3. Hy is 1952 met Elna Burger getroud en daar is vyf kinders uit die huwelik gebore.
  4. Gé se seun, Gérard Korsten, aardjie na sy vaartjie – dié is ’n internasionale violis en dirigent.
  5. Wie sou kon raai dat Gé ’n opgeleide elektrisiën is.
  6. Gé is die eerste Suid-Afrikaanse sanger wat meer as ’n miljoen plate verkoop het.
  7. Sy grootste treffer en óók sy deurbraak in ligte musiek het gekom met die fliek, Hoor my Lied.
  8. Gé het sy filmdebuut in die rolprent Kruger Miljoene gemaak.
  9. In 1969 het hy ’n Europese Midem-toekenning ontvang as een van die 16 top-plateverkopers ter wêreld.
  10. Hy het die rol van Walt Vorster vertolk in die gewilde M-Net-sepie, Egoli: Plek van Goud.

Lees meer oor dié reeks en ander Julie-vermaak hier.

Legendes van Afrikaanse Musiek word op 6 Julie om 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Gesels gerus saam op Facebook en Twitter.