Logo
Vet Kans
web uni tv guide

Vet Kans

144RealiteitsprogramPG

Leer ken lewensafrigter, Liezl Thom – Vet Kans

Nuus
15 November 2018
Lees meer.
Vet Kans _PE 3

Liezl Thom is ’n lewensafrigter, aanbieder en joernalis en dié uiteenlopende beroepe het een ding in gemeen: Liezl vra aanmekaar vrae...

Haar jare as Eyewitness News-verslaggewer het haar keer op keer laat besef wat ’n belangrike rol ’n lewensafrigter sou kon gespeel het om ’n positiewe en lewensingrypende impak op misdadigers se lewens te maak, voordat hulle paadjies met die gereg gekruis het. Haar absolute geloof dat daar iets goed in elke mens skuil het haar gelei daarna om onder andere ook met oud-misdadigers te werk om hulle lewens om te keer.

As aanbieder van die potgooi-reeks, The Coaching Corner, gesels sy elke week met ander lewensafrigters om verskillende benaderings tot afrigting te ondersoek. Sy is ook deur CV Magazine aangewys as een van die top-50 afrigters van 2018.

Een van Liezl se grootste gawes is om haar kliënte te help om hulle eie innerlike wysheid te ontdek deur hulle denkwyse te bevraagteken. Haar passie is om mense te inspireer om selfondersoek in te stel en ontslae te raak van denkpatrone en gewoontes wat hulle daarvan weerhou om hulle drome te bereik.

Liezl beskryf haar reis met die Vetkans-deelnemers as ongelooflik verrykend. Sy verduideik dat lewensafrigting ’n tweerigtingstraat is en dat sy net soveel daaruit kry as haar pasiënte. Sy voel ook verskriklik geïnspireerd deur elkeen van haar kliënte en is hulle ewig dankbaar vir die rol wat elkeen in haar lewe gespeel het.

Volg Werner se reis na gewigsverlies deur elke Donderdag om 18:00 in te skakel vir Vet Kans op DStv-kanaal144. Vet Kans word vervaardig deur Rian van Heerden. Lees meer hier