Logo

Leer ken lewensafrigter, Jeanne van Zyl – Vet Kans

Nuus
06 Desember 2018
Lees meer.
Vet Kans_Billboard

Jeanne van Zyl praktiseer tans as ’n Nutritional Therapist, Life Coach en NLP praktisyn in Silver Lakes, Pretoria, en Sandton, Johannesburg. Jeanne het 11 jaar studeer in die veld van voeding, leefstyl, terapie, coaching én emosionele regulering en beskou haarself as ’n lewenslange leerder.

Jeanne het haar meestersgraad in persoonlike voeding (Personalised Nutrition) in 2017 voltooi deur Middlesex University in Londen en inkorporeer hierdie beginsels, tesame met haar ander kwalifikasies, in haar holistiese benadering tot elke kliënt in haar praktyk en in praatjies wat sy aanbied.

Jeanne skryf gereeld vir tydskrifte en webtuistes (plaaslik en internasionaal); sy het ook in 2018 twee e-boeke geskryf en vrygestel saam met Sarah Graham (welbekende sjef, TV-aanbieder en kookboek-skrywer). Jeanne het breedvoerig geskryf oor gesonde dieetriglyne, volhoubare leefstylgewoontes, emosionele eetgewoontes (wat die hooftema van haar skripsie was), voedsel-intoleransies, veilige detoks-riglyne en ander verwante temas.

Jeanne is op ’n gereelde basis ’n spreker by funksies, insluitend die immergewilde Women’s Wellness Events saam met Sarah Graham, sowel as privaat- en korporatiewe-funksies.

Jeanne is ook ’n Pilates-instrukteur en gee tans privaat- en groepklasse in Pretoria en Johannesburg.

Jeanne het al dikwels verskyning gemaak op die Home Channel se Real Health Show, waar sy waarde toevoeg as praktisyn oor voeding, leefstyl, emosies, emosionele eetgewoontes en holistiese gesondheid.

Sy beskryf haar reis met die Vet Kans deelnemers as ’n voorreg en ’n vreugde, elke deelnemer en elke sessie het ’n unieke en soete geur vir haar gehad. Haar deelnemers het van die begin af besluit om dit ’n selfontdekkingsreis te maak, in plaas van bloot net ’n gewigsverliesreis. Elkeen van die deelnemers was oop en ontvanklik vir die groeiproses en sy is vreeslik trots op elkeen van hulle se groei en ontwikkeling.

Skakel elke Donderdag om 18:00 in vir Vet Kans op DStv-kanaal 144. Vet Kans word vervaardig deur Rian van Heerden. Lees meer hier