Logo

Leer iets nuut – Boer soek ‘n vrou 13

Nuus
24 Januarie 2021
Het jy ‘n nuwe stokperdjie gekry tydens inperking?
1

In vandeesweek se episode van Boer soek ‘n vrou, het ons gesien hoe Marciel Hopkins die tyd verwyl tussendeur video-oproepe met die boere. Hier is ‘n paar idees vir nuwe stokperdjies:

Bak

© Getty Images

Daar is net iets kalmerend aan die reuk van vanielje – of van iets wat besig is om te bak in die oond. Begin klein – bak muffins vir jou gesin of bure. Hulle sal die gebaar baie waardeer. En wie weet? Dalk is jy net die volgende #Koekedoor?

Tuinmaak

© Getty Images

As jou vingers jeuk om vuil te raak, begin dalk ‘n kruietuin of skaf ‘n pot-plantjie aan. Die groenigheid en mooi blomme is altyd opwekkend.

Fotografie

© Getty Images

Daar is geen rede om ‘n duur kamera aan te skaf vir dié stokperdjie nie! ‘n Slimfoon se kamera is perfek vir die stokperdjie. Loop rond in jou tuin of om die blok en neem ietsie mooi af. Jy kan ook altyd die foto’s plaas op ‘n platform soos Instagram – dit sal ander mense ook bietjie motivering gee.

Joga

© Getty Images

Voed jou liggaam en siel. Daar is talle video’s op die internet wat jou sal leer presies hoe om die downward facing dog te bemeester...

Brei

© Getty Images

Daar is niks so spesiaal as om ‘n handgemaakte geskenk te ontvang nie. Brei vir iemand na aan jou ‘n mooi serp, trui of sokkies.

En dié is maar net ‘n paar voorbeelde. Laat jou kreatiwiteit vlerke kry en begin ‘n nuwe stokperdjie beoefen. Onthou – dit hoef nie perfek of indrukwekkend te wees. Dit moet net vir jou vreugde verskaf.

Ons wil weet wat jóú stokperdjie is – gebruik die hutsmerk, #BoerSoeknVrou op sosiale media en vertel ons meer daarvan. ‘n Ander goeie stokperdjie is om ook elke Donderdagaand om 20:00 in te skakel vir Boer soek ‘n vrou op kykNET, kanaal 144.

As jy wil inskryf vir die opwindende 14de seisoen van Boer soek 'n vrou, volg dié skakel