Logo

Leef jou Reis nóú op DVD!

Nuus
15 Desember 2016
Die immergewilde reisprogram Leef jou Reis, met Gerrie Pretorius, is uiteindelik op DVD beskikbaar!
Leef jou Reis DVD 1

Die immergewilde reisprogram Leef jou Reis, met Gerrie Pretorius, is uiteindelik op DVD beskikbaar!

Kykers het Gerrie leer ken met sy unieke en soms alternatiewe manier van reis en agterpaaie vat om vir ons elke land en stad te wys soos nog nooit tevore nie.

Selfs vir die gesoute reisigers is daar altyd ’n verrassing!

Met meer as 68 lande op sy kerfstok neem Gerrie ons saam na ’n klomp plekke wat nog nooit vir Suid-Afrikaanse televisie beskore was nie – van die oudste kerke ter wêreld in Ethiopië, waarby jy slegs kan uitkom deur op te seil teen ’n berg, tot die katakombes wat onder die besige strate van Parys lê.

Daar word lekker 4x4 gery diep in Afrika en ons gaan woon in Kenya by die Masai en gaan soek gorillas in Uganda.

34 leef jou reis dvd 1

34 leef jou reis dvd 2

34 leef jou reis dvd 3

34 leef jou reis dvd 4



Gerrie gaan wys ons selfs hoe lyk Amsterdam se rooiligsone, of dan nou “Walletjies-straat”.

Daar is kuier by musieklegendes aan huis soos BZN, Demmis Roussos en Foster en Allan in Ierland tesame met ’n magdom bestemmings wat op jou wag!

Die DVD-reeks is jou volmaakte reisgids vir jou volgende vakansie, of om bloot te geniet vanaf die rusbank en die plekke saam met Gerrie te ontdek. Dis ook die perfekte Kersgeskenk!

[gallery type="rectangular" ids="265097,258346,257371,253324,251939,238990,238033"]

Vir bestellings, klik hier.