Logo
kN Digital Banners Template In die SopSlim Homepage 1600x160
web uni tv guide

In Die Sop

144RealiteitPG13 L

Lamsburger met tzatziki – In Die Sop

Nuus
27 Junie 2021
Oom Gielie en Bertus het albei sterk gevoel dat ’n lamsburger op die nuwe spyskaart van Marsanne’s hoort! Volg dié stappe om jou eie burger met lamsvleis te maak by die huis.
GettyImages 107734555

Bestanddele:

  • 1kg lamsvleis
  • 1 ui (fyngekap)
  • 2 knoffelhuisies (fyngekap)
  • 2 teelepels gemaalde komyn
  • 1 teelepel gemaalde koljander
  • 1/4 teelepel kaneel
  • 1/2 teelepel wonderpeper (allspice)
  • 1/2 teelepel gedroogde brandrissievlokkies
  • 2 eetlepels platblaarpietersielie (fyngekap)
  • 1 eier
  • 6 suurdeegrolletjies
  • 2 soetrissies (gerooster en in repies gesny)
  • 280g dik Griekse jogurt
  • 1 komkommer (gerasper)
  • 2 knoffelhuisies (gerasper)
  • 2 eetlepels kruisement (fyngekap)

Metode:

  1. Plaas die lamsvleis, ui, knoffel, speserye, pietersielie, eier en bietjie sout en peper in 'n bak. Meng met jou hande en vorm dan ses ‘patties’. Verkoel vir 30 minute. 

  2. Vir die tzatziki, meng jogurt, komkommer, knoffel en gekapte kruisement. Voeg bietjie sout by en verkoel tot die kos reg is om te bedien.

  3. Voorverhit die pan (medium tot hoog) en braai dan die ‘patties’ vir 3 tot 4 minute aan elke kant. Wanneer die ‘patties’ gaar is kan jy die tzatziki sprei op die suurdeegrolletjies en die ‘patties’ bo-op sit met die soetrissies en vars kruisement.

Skakel Woensdae om 20:00 in vir In die sop en gesels saam deur die hutsmerk, #InDieSop te gebruik op FacebookTwitter en Instagram.