Net voordat jy die “grens” tussen die Boland en die Klein Karoo oorsteek, bied die Robertson-wynvallei ’n laaste blik op die manjifieke Kaapse wynlande. Die ideale samekoms van blou lug, groen wingerde, gulhartige mense en landelike gasvryheid sorg dat jy rem trap, ’n rukkie vertoef en jouself verloor in alles wat hierdie pragtige vallei van wyn en rose bied.
Terwyl die wingerde steeds bedek is met die laaste oorblyfsels van oranje en geel en die laat herfs sy koue vingers teen jou ruggraat laat afloop, gooi die wynplase van hierdie vallei hul deure oop en nooi almal uit om te kom deel in die jaarlikse Wacky Wine Weekend wat vanjaar van 4 tot 7 Junie aangebied word.
Tyd het weereens assistant gespeel vir die vallei se wynmakers en die eerste van die jongwyne wag om geniet te word op hierdie gewilde fees. In hierdie tydperk regdeur die vallei spring tente op en word stoele afgestof. Musiekmakers kom van heinde en verre en die lug is gevul met opgewondenheid. Dis ’n tyd waar die nektar van die gode gevier word, en ook die lewe self.
Die Wacky Wine Weekend word weereens verleng van die konvensionele naweekfees tot vier feestelike dae, en elke dag sal weer sy eie unieke tema hê om in elkeen se behoefte te voorsien. Of jy net pret en plesier soek, ’n groentjie of ervare wynliefhebber is, daar sal beslis iets vir almal wees, van “Seriously Wine Thursday” en “Wine Up Friday” tot “Full On Wacky Saturday” en “Wine Down Sunday”! “Seriously Wine Thursday” beloof byvoorbeeld om wynliefhebbers met vele aktiwiteite te inspireer, soos meester-wynproeë, smulpaap- kos-en-wynparings, opvoedkundige wynaanbiedings en privaat proeë met die vallei se bekendste wynmakers.
Die Wacky Wine Weekend sal ook weer die normale lys van prettige aktiwiteite aanbied, soos “ontmoet die wynmaker”-proeë, brandewyntoere en -proeë, riviervaarte, vatproeë, kaas-en-olyfproeë, ’n gesimuleerde rodeobul, ’n bergfietsuitdaging en die optrede van plaaslike kunstenaars.
Die vallei sal ook ’n gastronomiese extravaganza aanbied en besoekers sal bederf word met onder meer oesters, perlemoen, varsgebakte brood, soesji, rivierpieknieks en stalletjies met vars produkte.
En terwyl die grootmense hulself gate uit geniet met al die aktiwiteite, sal die kleingoed besig gehou word met ’n reeks van hul eie aktiwiteite, soos visvang, springkastele, ponieritte, trekkerritte en speelparke.
Feesgangers word uitgenooi om die Robertson-wynvallei met hul onderskeie welsynsprojekte te ondersteun. Help om die byt uit die winterkoue te neem deur komberse en warm klere vir alle ouderdomme te skenk vir diegene wat nie so bevoorreg is nie. In ruil hiervoor sal die vallei jou met wyn beloon volgens die gewig van jou skenking, met ’n maksimum van ’n kis van ses bottels wyn wat 9kg weeg. Skenkings wat minder as ’n bottel wyn weeg, sal beloon word met koepons vir wynaankope by die aanlyn-wynwinkel La verne. Alle skenkings moet asseblief by die kantoor van die Robertson-wynvallei op die hoek van Voortrekker- en Reitzstrate op Robertson ingehandig word.
As deel van die Robertson-wynvallei se verbintenis tot ’n veilige fees vir almal, word ’n “Zero Toleransiebeleid” teen drink en bestuur ingestel. Besoekers word versoek om van die Buddy Bus-diens of die Toegewyde Bestuurderprogram gebruik te maak. Die Buddy Bus-diens stel groepe van sewe of meer in staat om ’n minibus met bestuurder te huur.
Vanjaar is daar twee aspekte gekoppel aan die Toegewyde Bestuurdersprogram. Die eerste opsie is om ’n plaaslike bestuurder aan te stel en die sal omsien na u reisbenodighede tydens die feestye. Die kontakbesonderhede vir die Toegewyde Bestuurdersprogram kan op ons webwerf, www.wackywineweekend.com, gevind word en kostes vir die naweek word bepaal volgens individueele benodighede.
Die tweede opsie sal wees vir die feesgangers wat graag al die prêt van die fees wil geniet maar verkies om nie alkohol in te neem nie en dus die toegewyde bestuurder vir sy vriende te wees. Die feesganger sal dan ’n paspoort koop teen R120 om toegang te verkry na die fees se aanbiedinge maar sal ook ’n spesiaale “Toegewyde Bestuurder”-toegangskaartjie en gaste-geskenksakkie ontvang.
Wacky Wine Weekend se “Bus-In”-pakette is ook weer beskikbaar. A2B Tours sal eendagpakette aanbied met vervoer vanaf die Waterfront, Tygervallei, Stellenbosch (Butterfly World) en die Paarl tot by Robertson, en Buddy Bus-vervoer tussen die deelnemende wynlandgoedere. Sien die kontakbesonderhede hieronder.
Vir besoekers van ver het Beyond Reach weer invliegpakette saamgestel wat vlugte, motorhuur en verblyf insluit.
Vat dus die pad na die Robertson-wynvallei vir ’n wintermakietie op die Wacky Wine Weekend waar die pret nooit stop nie!
Koste: ’n R120-naweekpas moet by die eerste besoekpunt (een van die deelnemende wynmakerye) aangeskaf word. Die pas sluit ’n stylvolle proeglas, gratis 25ml-wynproemonsters en ’n sak met verrassings in, asook die feesprogram met spesiale aanbiedings. Alle ander aktiwiteite oor die feesnaweek is vir besoekers se eie sakke, maar baie van die aktiwiteite is gratis. Besoekers sal ook wyn per glas kan koop of per bottel.
Program met aktiwiteite: Besoek www.wackywineweekend.com. Baie van die aktiwiteite moet vooraf bespreek word direk by die onderskeie wynmakerye.
Buddy Bus: Die koste wissel tussen R127 en R400 per persoon. Die bus is beskikbaar tussen 8vm en 7nm. Gaste sal by hul verblyf op- en afgelaai word. Voorafbespreking is noodsaaklik.
Verblyf: Besoek www.robertsonwinevalley.com. Voorafbespreking is noodsaaklik.
“Bus In”-pakette: Bespreek dagpakette by A2B Charters. Groepbesprekings van tussen 7 en 60 passasiers vir dagbesoeke kos R550 per persoon en sluit “Buddy Bus”-vervoer tussen die deelnemende wynmakerye in. Besprekings sluit 23 Mei. Kontak Jacques by 083 258 4769 of [email protected]
Invlieg-pakette: Bespreek by Beyond Reach: (023) 614 3937 / 072 203 2457 of [email protected].
Navrae: Kontak die Robertson-wynvallei by (023) 626 3167 of [email protected].