Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

kykNET-sepies: Gemeenskap word geruk

Nuus
01 Julie 2022
Dié maand klop Cupido aan die een deur, en die dood aan die ander.
Arendsvlei

Arendsvlei
Dis net leed waar jy kyk in Arendsvlei. Asof Angel (Chelsea Thomas) se huwelik klaar nie aaklig is nie, gaan sy nou deur ’n hewige tragedie moet werk wanneer sy uitvind dat sy ’n miskraam gehad het. Maar arme Angel het nog nie eers begin om die nuus te verwerk nie en die Le Fleur’s maak al klaar planne vir die toekoms.

Gelukkig het sy vir Eva (Devonecia Swarts) aan haar sy om haar moed in te praat. Die vraag is net, is Angel sterk genoeg om haar man te staan teen die magtige Le Fleur’s?

’n Bekende Arendsvleier sterf ook dié maand wat die gemeenskap ruk. Maar voor sy skielike sterfte verklap hy ’n geheim aan Debra (Kay Smith) wat dinge behoorlik gaan opwarm in die Vlei.

Debra is stomgeslaan wanneer sy die waarheid oor haar ma uitvind en weet nie watter kant toe nie. Gaan sy eindelik genoeg bewyse hê om haar ma te laat betaal vir alles wat sy gedoen het?

Op ’n ligter noot, Cupido klop dalk weer aan Thys (Sherman Pharo) se deur. Ná twee mislukte huwelike is Thys maar ongemotiveerd om liefde te vind, veral nadat Dominique (Michaela Mathys) so onverwags vir hom gelos het. En wie kan die spesiale persoon wees wat aan sy deur kom klop? Bianca (Riana Alfreds) van alle mense!

Dis Janice (Crystal Donna Roberts) wat vir Bianca aanhits om kontak met Thys te maak. Bianca probeer haar beste om Thys se aandag te kry, maar Thys sien haar glad nie raak nie. Gaan Bianca Thys se hart kan wen?


Binnelanders
At Koster is nie ’n man wat maklik vergeet nie – en nadat hy sy wonde gelek het in Mei, is hy volstoom weer terug in Pretoria! Hierdie keer gaan hy hom beslis nie laat voorsê hoe om sake te doen nie, want die man het ’n plan – en net hy weet wat die groter prentjie is waarheen hy werk.

Vaar ’n liefdesbootjie beter deur die stormwaters van die lewe op die tweede reis? Uys en Gaby se nuwe verhouding gaan meer as een toets tegemoet – en net Kupido weet waarheen hierdie storie gaan lei!



Almal gaan hare op hul tande moet hê om vir Sharon Basson gelukkig te hou – want sy weet hoe om haar pond vleis te eis.

Annelize se dade laat Conrad se oë rek – en laat Tracy wonder oor wat presies nou aan die gang is...


Getroud met rugby
Buks en Nesie word amptelik pleegouers, maar hulle sukkel met Nonnie en Nytjie wat heeltyd inmeng. Liam begin as die Stryders se nuwe hulpafrigter en Candice is terug by Pottie’s.

Kristien kry ’n selfverdedigingsafrigter en die dames is in vervoering oor dié aantreklike man. Fafa beland in ’n motorongeluk en hy voel verantwoordelik… Dinge tussen Schalk en Jana raak ongemaklik en Jana is woedend vir Riana.



Petro kry ’n au pair, die Stryders neem afskeid van ’n speler en ’n afrigter, en verwelkom twee nuwe manne in hulle plek. SinBin kry ’n nuwe redakteur en Fafa ontmoet sy half-sussie.


Suidooster
Een van Ruiterbosch se grootste glyjakkalse, Tim, het finaal sy hand oorspeel en dit lyk of sy dae in Ruiterbosch getel is. Sy toekomstige eksvrou, Zoë, is gereed om alles, met die onvoorwaardelike ondersteuning van Bridgette en haar vriende, finaal agter haar te sit. Ongelukkig is Zoë se nuutgevonde vryheid van korte duur, want sy bevind haarself in ’n penarie met verreikende gevolge soos donker onweerswolke oor haar lewe saampak...

Dit is dalk middel van die winter, maar Ruiterbosch se jong verliefdes, Wade en Angie, se liefde blom asof dit reeds lente is, want dié twee se verhouding tel spoed op soos 'n vuurwarm Mercedes. Die vraag is egter of Wade kan byhou? Hy moet omtrent bontstaan om die lewe te leef waaroor Angie droom, wat nie net sy vriendskap met Justin beproef nie, maar ook weer ’n wig tussen hom en Tyron indryf. Boonop in die proses verkoop Wade sy siel aan die duiwel…



Elana probeer ook om Maggie, Ryno en Taylor te help, maar is haar hulp dalk ongevraagd? Rhafiek en Kaashifa beweeg nader aan mekaar en groot besluite word gemaak, maar die lewe is nie sonder uitdagings nie. Ja, ’n nuwe krisis kom klop aan die Samsodiens se deur soos Kaashifa met die grootste uitdaging van haar lewe gekonfronteer word.

Nes die Jacobs-gesin begin dink daar is rus en vrede in hulle midde, maak Mrs J ’n ongeluk wat dadelik kommer by Bridgette en Lee-Ann oor hul mammie wek. Gaan Mrs J na die pype van haar dogters wil dans?

Onthou om weeksaande in te skakel vir jou gunsteling kykNET-sepie en ons saam te gesels op FacebookTwitter en Instagram deur die hutsmerke #Arendsvlei, #kykNETGMR, #Suidooster en #Binnelanders te gebruik.