Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

kykNET&kie klets met telenovela-skrywer – Arendsvlei

Nuus
31 Julie 2020
Die storielyn van Debra wat uiteindelik uitgevind het dat haar pa Steve Mortlock is, het groot skokgolwe deur die land gestuur.
Untitled design

Arendsvleiers het omtrent die drama met valkoë dopgehou, veral omdat Debra gevoelens ontwikkel het vir Steve ...

kykNET&kie het met die Arendsvlei-skrywer, Retief Scholtz, gaan klets oor hierdie ingewikkelde en interessante storielyn:

Debra en Wendy se storielyn, rondom Debra se aangetrokkenheid tot Steve Mortlock, is tans in die kollig op Arendsvlei. Debra se aangetrokkenheid het omtrent kykers verbaas en geskok gelaat. Veral omdat sy veel jonger is as hy. Wat is jou mening oor verhoudings met groot ouderdomsverskille?Ek dink wanneer twee volwassenes in 'n verhouding is waar beide partye vrywillig in daai verhouding is, maak ouderdom nie saak nie. Liefde is liefde. Elke situasie is natuurlik uniek en Steve en Debra s'n is geen uitsondering nie!

Wendy is veral nie gelukkig hieroor nie. Hoe dink jy hanteer ’n ma so ’n situasie – haar jonger kind se beheptheid/verhouding met ouer man/vrou?
Ek vermoed ouers is bekommerd oor enige verhoudings waarin hul kinders hulself begewe. Daar is altyd die moontlikheid dat hulle harte gebreek kan word. Met Wendy, spesifiek, is niks ooit eenvoudig nie en ons weet teen die tyd, dat wanneer dit by Debra kom, haar moederlike instinkte, om haar dogter te beskerm, hard inskop. Die vraag is net, teen wat beskerm Wendy vir Debra eintlik? En daai vraag kan ek ongelukkig nie beantwoord nie.

Wendy is ’n interessante karakter. Alhoewel sy as ’n feeks gesien word het sy tog ’n moederlike gedeelte wat elke nou en dan te voorskyn kom. Hoe balanseer jy, as skrywer, hierdie twee teenpole in Wendy se karakter?
Wendy is ‘n fantastiese karakter om voor te skryf, juis vir dié rede. Sy sal een oomblik skaak speel met David Abrahams se tande en die volgende oomblik haarself ontferm oor haar dogter wanneer Debra se hart gebreek is. Wendy tree meestal op soos die meeste van ons nooit sal dink om op te tree nie, maar sy word steeds geanker in herkenbare menslike aksies en emosies. Dis wat haar interessant maak. Kykers kan soms met haar vereenselwig en ander kere geskok wees dat sy durf iets sou doen! (Veral as dit by Beatrice kom) We love to hate, Wendy. Sy is real, maar sy is hoegenaamd nie voorspelbaar nie.

Gaan Wendy en Debra se ma-en-dogter verhouding hierdie storielyn met Steve oorleef? 
Kom ons sê maar net, niks gaan ooit weer, vir enige een van hulle, dieselfde wees nie!

Onthou om Maandae tot Woensdae om 20:00 in te skakel vir Arendsvlei op kykNET&kie, DStv-kanaal 145. Gesels ook saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk, #Arendsvlei te gebruik.