Logo
Nataniël. Erik. Wolf.
web uni tv guide

Nataniël. Erik. Wolf.

144LeefstylPG

kykNET is nie net mondig nie, maar bekkig ook!

Nuus
13 November 2020
Het jy al vir Stella ontmoet? Indien nie, gaan jy binnekort. Stella is permanente lente.
1600 BY 460

kykNET (DStv-kanaal 144) het pas ’n nuwe veldtog, ‘Meer as net TV’, geloods ter viering van die kanaal se 21ste verjaarsdag op 15 November 2020. “Met kykNET se 20 ste verjaarsdag in 2019 het ons ons kykers se stories vertel met die ‘Gewoon, Ongewoon’-veldtog, waarvoor ons ’n Promax-toekenning gewen het,” sê Leo Smit, kykNET Senior bestuurder: Bemarking. “Hierdie jaar het ons besluit om kykers te wys hoe die kykNET-wêreld agter die skerms lyk.”

Dié veldtog skop af met ’n nuwe kykNET-advertensie waarin kykers die fiktiewe Stella ontmoet. “Stella is ’n groot kykNET-aanhanger wat op 15 November 1999 gebore is en saam met kykNET mondig word. Sy word ’n werk by kykNET aangebied waar sy die geleentheid kry om saam met die kykNET-span te werk,” verduidelik Smit.

“Vir Stella is dit ’n droom wat waar word – in die advertensie moet sy haarself knyp elke keer as sy ’n bekende kykNET-persoonlikheid in lewende lywe sien. Sy kan nie glo sy het die voorreg om die kykNET-wêreld te ervaar en inligting bymekaar te maak om dit weer oor te vertel aan kykers nie. Oor die volgende paar maande gaan kykers deur haar oë ’n kykie in kykNET se opwindende wêreld kry.”

“kykNET se betrokkenheid in ons Afrikaanse gemeenskappe wys dat ons baie meer as net ’n televisiekanaal is,” sê Karen Meiring, M-Net Direkteur: Afrikaanse kanale. “Ons is nie net mondig nie. Ons is ook bekkig en ons hoofdoel is om ons kykers se behoeftes eerste te plaas.”

Volg Stella se kykNET-avonture op Instagram: @stella_kyknet

#omtekykNET, #meerasnettv