Logo

‘Kyk hoe lyk haar ma’

Nuus
05 Januarie 2018
Boere, maak notas! Wors Visagie het tyd ingeruim om vir die boere van Boer Soek ’n Vrou raad te gee oor die vroulike geslag.
Ouboet en Wors_Billboard

FOTO: Verskaf

Dis nie meer maklik om ’n onderhoud met Wors Visagie te kry nie. Vandat hy Orkney vir die buitewyke van Johannesburg verruil het en homself as ’n entrepreneur gevestig het, is Wors maar ’n skaars commodity. Tog het hy tyd ingeruim om vir die boere van Boer Soek ’n Vrou raad te gee oor iets waarin hy uitblink – vroue. Boere, maak notas!

1. Jy is deesdae ’n ‘suksesvolle’ besigheidsman, hoe ruim jy tyd in vir jou vrou?
Ek sou nie sê “suksesvolle besigheidsman” nie, want ek maak dit maar net-net elke maand met wat ek verdien. As Molly nie ook gewerk het nie, was ons op straat. Ek ruim nie eintlik tyd in vir my vrou nie. Ag liewe hemel, ons gryp maar na die bietjie tyd wat ons naweke kry en dan sit ons saam en kyk na ’n lekker fliek op die TV.

2. Wat is die drie goed wat jy nie vir ’n vrou sê nie?
a. Jy word nou lekker dik.
b. Dalk moet jy vir die Glam Guru vra vir ’n make-over.
c. Jou boude het haelskade.

1515140978 27 molly

Ná al die jare klop Wors se hart nog warm vir sy vrou, Molly. 

3. Wat is die beste dating advice wat jy al gekry het?
Ploeg diep, maar saai op die walle.

4. As jy een van die boere was, waarna sou jy eerste gekyk het in ’n vrou?
Hoe lyk haar ma, (want dit is hoe sy oor ’n paar jaar gaan lyk), en dan hoe gesond haar bankrekening is.

5. Wat is jou en Molly se geheim tot ’n suksesvolle huwelik?
’n Sin vir humor en moenie dat gister se probleme vandag opmors nie.

Donderdag om 20:00 ontmoet die boere die dames se naastes – jy wil dit nie misloop nie! Volg ons op FacebookTwitter en Instagram, en gesels saam by #GroterBeterBoer en #BoerSoeknVrou