Logo
web uni tv guide

Kwêla

144LeefstylPG13

Kwêla se Dorp van die Jaar vir 2023 is Delmas

Nuus
06 Augustus 2023
Dit was gelukkige nommer 13 vir Delmas toe dié diverse juweel van ’n dorp Sondagaand met die kroon as kykNET se Kwêla Dorp van die Jaar, in samewerking met Lottoland, weggestap het.
Kwêla DVDJ

Dié dorp in Mpumalanga se naam word nou by ’n gesogte lysie van wenners, wat 12 ander dorpe insluit, gevoeg. Verlede jaar het Kroonstad in die Vrystaat met die louere weggestap, terwyl Greyton, Kareedouw, Swakopmund, Jeffreysbaai, Mosselbaai, Mariental, Graaff-Reinet, De Rust, Sabie, Fouriesburg en Middelburg ook al die Dorp van die Jaar-kroon gedra het. 

Vanjaar, vir die eerste keer in die geskiedenis van die kompetisie, skenk Lottoland R1 miljoen kontant aan die wendorp. Dié geld sal vir ’n spesifieke projek wat Delmas sal verbeter, gebruik word. Dit sal ook geoudit word. Kwêla sal later weer besoek aflê om vir kykers te wys wat met die prysgeld uitgerig is. 



Dr. Martin van Rensburg, ’n plaaslike predikant en Delmas Herleef-projekleier, is een van die steunpilare wat Delmas na sukses help dryf het, al het hy homself eers vyf jaar gelede op die dorp gevestig. 

Saam met die sameroeper Madel Fourie (’n vyfde geslag-inwonwer), ’n groot groep vrywilligers en in samewerking met die Victor Khanye-stadsraad het die Delmas Herleef-gemeenskapsorganisasie die afgelope twee jaar die dorp begin skoonmaak en verfraai. 

Teen die einde van hul Kwêla Dorp van die Jaar-veldtog het Delmas Herleef ’n optog – met ’n trekker, sleepwa en al – deur die dorp gelei om inwoners aan te moedig om te stem. En die Sondag na kerk was daar ’n gemeenskapsbraai by een van die plaaslike skole waarheen al die kerke en skole uitgenooi was. Bemarking op sy beste.

Dit het groot vrug afgewerp, want dié pragtige dorp kan nou spog met die Kwêla Dorp van die Jaar-titel. 

Madel was glo so oorbluf toe sy die oproep gekry het oor Delmas se sege dat haar hart woes aan’t klop gegaan het. 

“My horlosie het heeltyd vir my gevra of ek oukei is,” het sy laggend aan Kwêla-aanbieder Hannes van Wyk vertel.

’n Boodskap van hoop

Vir Martin hou Delmas se prestasie ’n baie groot en belangrike boodskap in – ’n boodskap van hoop.

“Daar is hoop vir plattelandse dorpe wat oor die algemeen swaarkry en ons beskou hierdie wen as ons geleentheid om vir ander plattelandse dorpe te wys daar is hoop.”

Hy wil ook sien dat daar nuwe lewe in die platteland geblaas word en dat dit die uitvloei van mense na stede sal stop.

“Ons wil graag hê dat ander dorpe by ons kom leer en dat Delmas ’n inspirasie en voorbeeld kan wees vir wat bereik kan word as mense saamstaan. Daar is hoop in Suid-Afrika en dit begin by ons op grondvlak.”

Die Lottoland-wengeld

Maryke Haywood, bemarkingsbestuurder van Lottoland, het ’n tjek van R1 miljoen aan Martin en Madel oorhandig. 

Maryke se passie en liefde vir dorpe is diepgewortel omdat sy self afkomstig is van ’n klein dorpie. Sy het haar waardering uitgespreek vir die vuur en vlam waarmee Delmas se mense hul dorp benader. 

Eerste op Delmas Herleef se lysie is om toerusting aan te koop om slaggate mee te herstel. Dan stortbakke (skips) en ’n area vestig waar vullis gestort kan word. Deur dié twee projekte word werksgeleenthede beoog wat die uitdaging van slaggate en rommelbestuur sal aanspreek.

Makietie en ’n miljoen

Die inwoners van Delmas kan gereed maak vir ’n makietie soos min want as deel van hul prys gaan daar groot gegaan word met musiek, kos, pret en hope wendorp-gees. En natuurlik sal Kwêla-kameras daar wees om die vrolikheid vas te vang. Dit sal later vanjaar uitgesaai word.

As deel van Delmas se Kwêla Dorp van die Jaar-prys kry skenk kykNET ook R1 miljoen se bemarkingswaarde. Dit sluit ’n advertensie van 45 sekondes oor die dorp in, wat gedurende kykNET se advertensiegleuwe uitgesaai word.

Die dorpe wat vanjaar as finaliste was, is: 

Delmas (Mpumalanga), Parys (Vrystaat), Bonnievale (Wes-Kaap), Margate (KwaZulu-Natal), Walvisbaai (Namibië), Hartbeespoort (Noord-Wes/Gauteng), Willowmore (Oos-Kaap), Rooiberg (Limpopo) en Nieuwoudtville (Noord-Kaap)

Kwêla word Sondae om 19:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Delmas crowned as Kwêla’s ‘top town’

It was lucky number 13 for Delmas when this diverse jewel of Mpumalanga was crowned kykNET’s Kwêla Dorp van die Jaar, a competition for small towns run in conjunction with Lottoland. 

Delmas now appears on the sought-after list of winners featuring 12 previous winners. Last year the Free State town of Kroonstad was the winner. Prior to that, Greyton, Kareedouw, Swakopmund, Jeffreys Bay, Mossel Bay, Mariental, Graaff-Reinet, De Rust, Sabie, Fouriesburg and Middelburg secured the prestigious title. 

For the first time since the start of the competition, Lottoland has joined forces with Kwêla with R1 million cash for the victorious town. The money will go towards special projects aimed at improving Delmas. The funds will be audited. Kwêla will visit Delmas at a later stage to show viewers how the money was spent.  

Dr. Martin van Rensburg, the local dominee and project leader of Delmas Herleef (a community-based organisation), is one of the anchors that helped drive Delmas to success.  

Alongside convenor Madel Fourie (a fifth-generation resident) and a group of volunteers, the organisation has collaborated with the Victor Khanye municipality in cleaning up and beautifying Delmas for the past two years.

At the end of their Kwêla Dorp van die Jaar campaign Delmas Herleef led a procession through the town – tractor, trailer, the works – to create an awareness of the competition and to encourage residents to vote. And the following Sunday after church, a braai was held for the community at one of the local schools. All the churches and schools were invited to join in the festivities. 

And it worked! The beautiful town of Delmas can now rightfully boast about being the best town of the year.

A message of hope  

For Martin this award carries a strong and meaningful message – a message of hope.  

“We want other towns to learn from us and for Delmas to be an inspiration and example of what can be achieved when people are working together. There is hope for South Africa – and it starts at a grassroots level.” 

The Lottoland prize

Maryke Haywood, marketing manager of Lottoland, handed over a cheque of R1 million to Martin and Madel.  

Delmas Herleef plans to buy equipment to repair the potholes in and around the town. Next on their list is purchasing skips and establishing a transfer station where rubbish can be dumped. This will lead to the creation of jobs to address the challenges around potholes and the management of rubbish. 

Party time and a million good reasons

Delmas residents can ready themselves for a party like no other. As part of their prize, there will be a festive affair with music, food and fun made even better by the spirit of a winning town. Kwêla’s cameras will be at hand to capture the joy. It will be aired at a later stage. 

kykNET is contributing R1 million in marketing value to Delmas, including an advertisement of 45 seconds about the town to be shown during kykNET’s advertisement slots. 

The top 9 regional finalists

This year’s finalists were: Delmas (Mpumalanga), Parys (Free State), Bonnievale (Western Cape), Margate (KwaZulu-Natal), Walvis Bay (Namibia), Hartbeespoort (Northwest/Gauteng), Willowmore (Eastern Cape), Rooiberg (Limpopo) and Nieuwoudtville (Northern Cape)

Watch Kwêla Sundays at 19:00 on kykNET (DStv channel 144).