Logo
slim BB kwela
web uni tv guide

Kwêla

144TydskrifprogramPG13 VL

Kwêla: Funnies & Feite en Geite- wenners 2017

Nuus
10 Desember 2017
Kwêla kondig met trots die wenners van ons 2017 Kwêla Funnies & Kwêla Feite en Geite-kompetisie aan! Beide wenners het ’n 7-nag vakansie vir twee by die alles-in-een Club Med-oord in Mauritius gewen.
Kwela Big Billboard_1600 x 533

In die Funnies-afdeling is dit die 4-jarige Willem Minnaar van Pretoria wat ons kykers se harte gesteel het met sy passievolle weergawe van ons landslied.

Kyk die video hier onder:

Willem het gehoor hoe sy sussie, Mila, die lied vir skool oefen en sy ouers gevra om dit vir hom op die selfoon te wys. Nadat hy herhaaldelik daarna gekyk het, het hy sommer self losgetrek en begin sing!

Sy ouers was so beïndruk daardeur, dat hulle ’n video van hom vir die hele familie aangestuur het. Teen die volgende aand het sosiale media gegons en tot sy ma, Carmen, se verbasing, is die einste video van háár seun al ver oor 100 000 keer gekyk.

Na die aanvanklike skok, het sy ouers gesien dat die terugvoer oor die algemeen opbouend en positief was. Pa Willem het besluit om die video vir ons kompetisie in te skryf.

Willem is geliefd in hulle buurt, en die ganse SPAR het ná die sosiale media-episode tot stilstand gekom toe Willem onlangs daar instap – iemand het hom van sy video herken en Willem moes daar en dan sing, terwyl al die werkers by die betaalpunte heelhartig die landslied saamgesing het.

Kyk die Funnies-wen-video hier.

Die Feite en Geite-wenner is Fanie Kleynhans van Dwarskersbos. Fanie en sy vrou, Joyce, vertel hoe dit gebeur het dat die drie-streep-muishond in hulle inskrywing stelselmatig gewoond geraak het aan hulle teenwoordigheid.

Sarel (soos hulle hom noem) het agtergekom dat Fanie soggens vir sy stoepplante water gee – en in die warm Weskus-somer sommer gou geleer om die waterdruppeltjies in die potte te gaan aflek.

Op een buitengewoon warm dag, het Sarel sommer nader gehardloop toe hy vir Fanie met ’n waterbottel gewaar. Fanie het die spuit van die bottel na hom uitgehou, en Sarel het wraggies water uit die pypie geslurp! Gelukkig was Joyce byderhand om die gebeurtenis op kamera vas te vang, aangesien dit die enigste keer is wat dit nog ooit gebeur het! Sarel is steeds ’n gereelde gas in die Kleynhanse se tuin.

Kyk die wen video van vanjaar se Feite en Geite weer hier.

By Kwêla hoef jy net ’n sms te stuur om iets te wen! In dié geval is dit drie nagte by Majeka House and Spa in Stellenbosch, en Abelone Pool Villas in Paternoster. Die wenners van hierdie bederfpryse is Ina Dege van Kanoneiland en Carol van Dijk van Jacobsbaai.

Inskrywings vir 2018 se kompetisie, sal in Julie open. Hou kykNET se sosiale media-blaaie dop