Logo
slim BB kwela
web uni tv guide

Kwêla

144TydskrifprogramPG13 VL

Kwêla Dorp van die Jaar 2020

Nuus
02 Februarie 2020
Dit is tyd vir Kwêla se Dorp van die Jaar (DVDJ)-kompetisie!
Kwela jou dorp Billboard 1600 x 640

Maak jou dorp se mense die lekkerste gebak? Is dit die een dorp in die land waar jy altyd sal tuis voel as jy in die strate afry? Hoeveel skatte lê versteek in jou gemeenskap? Is julle slaghuis die bes bewaarde geheim in die land? Benoem nou jou gunsteling dorp en staan ’n kans om met die dorp en die mense daar te spog!

Wie kwalifiseer?

Enige dorp in Suid-Afrika of Namibië kan benoem word, mits dit:

  • Minder as 500 000 inwoners het
  • Nie ’n streekswenner in die laaste twee jaar was (2018: Fochville, Modimolle, Wakkerstroom, Jeffreysbaai, Montagu, Upington, Mariental, Parys, St. Lucia, 2019: Dullstroom, Patensie, Phalaborwa, Potchefstroom, Sutherland, Swakopmund, Uvongo, Vrede, Stilbaai.)
  • Vorige Wendorpe mag vir 5 jaar na hulle as wenner aangewys is, nie weer deelneem nie (Middelburg - 2015, Hentiesbaai - 2016, Mosselbaai - 2017, Jeffreysbaai - 2018, Swakopmund - 2019).

KLIEK HIER VIR DIE VOLLEDIGE BEPALINGS EN VOORWAARDES

Hoe werk dit?

Benoem jou gunsteling dorp uit enige streek deur die dorpsnaam na 33157 te SMS (SMS’e kos R1,50). Inskrywings open op 2 Februarie 2019 om 18:00 en sluit 14 Februarie 2020 om 12:00. Jy kan soveel dorpies benoem soveel keer as wat jy wil (net een dorpsnaam per SMS, en soveel sms’e as jy wil in hierdie nominasie ronde).

Daar sal uit nege streke gekies word:

1. Gauteng en Noordwes saam.

2. Noord-Kaap

3. Oos-Kaap

4. Wes-Kaap

5. Vrystaat

6. Limpopo

7. Mpumalanga

8. KwaZulu-Natal

9. Namibië (weggeval as kompetisie-streek as gevolg van Covid19 beperkings en risiko’s)

Uit elke streek sal die drie dorpe met die meeste benoemings deurdring na die semi-finale ronde (op 1, 8 en 15 Maart). Hier kry die publiek vir ‘n week lank elke ronde ’n geleentheid om vir hul gunsteling-dorp te stem.  Die ronde laat net 30 sms’e per nommer toe. Die dorp met die meeste stemme dring deur na die finale ronde.

Kwêla sal ’n insetsel op elk van die nege finalis-dorpies kom verfilm.

Wanneer al ag oorblywende dorpe op Kwêla gewys is, sal die publiek van 18:00 op 9 Augustus tot 12:00 14 Augustus 2020, vir die wendorp kan stem.

Die Wendorp word dv voor of op 30 Augustus 2019 op Kwêla aangekondig, tensy dit anders op Kwêla aangedui word.

Die dorp met die meeste stemme word as Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys. Die dorp wen ’n ongelooflike R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET. Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n 45 sekonde advertensie oor die dorp maak, wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word. Daar sal ook ’n KIA dorp van die jaar makietie in die wendorp gehou word – sodra Covid-19 wetgewing dit toelaat. Kwêla sal weer daar wees om dit te verfilm, en dit sal later die jaar uitgesaai word.

Besoek kykNET se webblad, www.kyknet.tv vir nog besonderhede.